Valke-hoof in Gauteng kry kennisgewing van skorsing

valkeGenl.maj. Shadrack Sibiya, die hoof van die Valke in Gauteng, het Maandag ʼn kennisgewing ontvang dat hy geskors gaan word.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het gesê Sibiya het die kennisgewing ontvang maar is nog nie geskors nie. “Die kennisgewing is vir sewe dae geldig en genl.maj. Sibiya het die proses verwelkom aangesien hy sy naam in ere wil herstel.”

Ramaloko het gesê die kennisgewing is uitgereik te midde van ʼn ondersoek wat steeds aan die gang is. Hy kon nie onmiddellik die rede verskaf oor hoekom die kennisgewing uitgereik is nie. Sibiya het sewe dae om aan te voer hoekom hy nie geskors moet word nie.

Sibiya is egter nie die enigste senior Valke-lid wat skorsing in die gesig staar nie. Anwa Dramat, hoof van die Valke, is op 23 Desember geskors hangende ʼn ondersoek rakende sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

Die polisie het op 30 Desember bewerings ontken dat Dramat gevra is om inligting te verskaf oor die Nkandla-ondersoek aan Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris.

Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, het gesê haar party glo dat Dramat se skorsing verband hou met Nkandla. Ramaloko het egter die bewering ontken.

Johan Nortje, Dramat se regsverteenwoordiger, het tydens ʼn onderhoud op Radio 702 genoem dat Nkandla moontlik die rede is agter Dramat se skorsing.
Dramat se regsverteenwoordiger het Nathi Nhleko, minister van polisie, tot 5 Januarie tyd gegee om sy skorsing op te hef.

Klik hier vir vorige berigte oor die Valke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

In elk geval, lé die Valke beslag op onwettig goedere, en dan steel die polisie wat dit moet oppas dit weer.
Waar is al die sigarette wat tussen Skilpadshek grenspos en Zeerus al deur die Valke op belslag gelé is.???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.