Valke-hoof in KZN tweede keer geskors

Johan Booysen

Johan Booysen

Johan Booysen, hoof van die KwaZulu-Natalse Valke, is geskors, het die elite-misdaadbekampingseenheid Dinsdag bevestig.

“Ja, ons kan die skorsing bevestig,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die direktoraat vir voorkeurmisdaadondersoeke, ook bekend as die Valke, gesê. “Maar soos jy weet, is dit ʼn saak tussen die werkgewer en die werknemer en ons is nie bereid om die saak in die media te bespreek nie.”

Booysen is voorheen geskors en daarvan beskuldig dat hy ʼn kriminele onderneming bedryf wat uit lede van die voormalige Cato Manor georganiseerde misdaadeenheid bestaan waarvan hy die hoof was. Hy is egter later heraangestel.

In Februarie verlede jaar het regter Trevor Gorven die aanklagte teen Booysen in die Durbanse hooggeregshof uitgegooi. Die regter het Nomgcobo Jiba, nasionale direkteur van openbare vervolging, se besluit om Booysen aan te kla as arbitrêr, asook ʼn besluit wat “aanstoot gee aan die beginsel van wetlikheid en dus die oppergesag van die gereg” en daarom “ongrondwetlik”, beskryf.

Gorven het in sy uitspraak met Booysen saamgestem dat Jiba gelieg het dat sy sekere dokumente in haar besit gehad het toe sy besluit het om hom te vervolg. Daarom kon sy dit dus nie gebruik het om haar besluit te neem nie.

Jiba sou in Augustus verhoor word op ʼn aanklag van rampokkery omdat sy besluit het om Booysen te vervolg. Die aanklag teen Jiba is egter in Augustus teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

paul ·

Johan,,,vat n paket van n paar miljoen en loop ,,,,die simpel vrou soek jou nie daar nie,,,besef dit tog nou net

ladybug ·

hulle sal aanhou probeer, tot hulle hom daar uit het! Dan kan hulle mos voortgaan met hul skelm streke sonder dat iemand hul sal uitvang! Trash!

Francois ·

Ek wil net weet…hoekom moet daar ‘n valke “hoof” in elke provinsie wees? Wat van hulle noem hulle net bestuurders? Wat wat se ding is hy nou eintlik?!

CHRISTA ·

Dis g’n wonder Kwa-Zulu rafel so uit nie. Kyk na die studente wat als so afbrand! Die hoof van die elite polisie, die sogenaamde VALKE, kan nie eers neutraal optree nie!! Hoe kan ons hulle (Valke) vertrou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.