Valke-hoof in KZN vir ‘bedrog’ ondersoek

ValkeGenl.maj. Johan Booysen, die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, word vir beweerde bedrog ondersoek.

Carl van der Merwe, Booysen se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy kliënt ʼn “beoogde kennisgewing vir skorsing” ontvang het. Volgens Van der Merwe is Booysen uitgenooi om te reageer op bewerings dat hy ʼn dokument op bedrieglike wyse ingedien het. Hy het gesê Booysen is tot volgende week tyd gegee om te antwoord.

“Ons gaan antwoord. Hulle moet nog ondersoek. Dit is steeds in die vroeë stadiums.” Van der Merwe het gesê hy wil nie oor die meriete van die saak uitbrei nie.

Volgens Van der Merwe hou die saak nie verband met die saak in 2012 toe Booysen deur die toe waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging van rampokkery aangekla is nie. Die aanklagte teen Booysen is later in die Durbanse hooggeregshof teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Hy’t seker weer die korruptes se tjommies ondersoek of toegesluit, daarom word daar nou weer ‘n storie opgedis om van hom ontslae te raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.