Valke-hoof se skorsing ongeldig

hawks valkeDie hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, se besluit om Anwa Dramat, hoof van die Valke, te skors, ongeldig is.

Regter Bill Prinsloo het Nhleko se besluit om Dramat te skors tersyde gestel. Die Helen Suzman-stigting (HSF) het die hof genader om Dramat se skorsing ongrondwetlik te verklaar.

Dramat is op 23 Desember geskors hangende ʼn ondersoek rakende sy beweerde betrokkenheid by die onwettige uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.

Die polisie het op 30 Desember bewerings ontken dat Dramat gevra is om inligting te verskaf oor die Nkandla-ondersoek aan Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris.

Dianne Kohler-Barnard, DA-LP, het toe gesê haar party glo dat Dramat se skorsing verband hou met Nkandla.

Genl.maj. Shadrack Sibiya, die hoof van die Valke in Gauteng, het ook op 5 Januarie ʼn kennisgewing ontvang dat hy geskors gaan word. Dit hou glo ook verband met die onwettige uitlewering van die Zimbabwiërs. Kol. Leslie Maluleke, senior beampte by die Valke, het na bewering ook ʼn kennisgewing van skorsing ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Hoera! nou nog net vir Genl. Maj Sibiya se terugkeer ook!

Drieks ·

Nhleko, is daar niemand, soos in niemand in die ANC wat die land kan lei nie.
Hofsake kos geld…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.