Valke is glo nie op soek na Duduzane Zuma nie

Duduzane Zuma Foto: africa.widmi.com

Lt.genl. Yolisa Mtakata, waarnemende hoof van die Valke, het Vrydag gesê daar is geen lasbrief vir die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma se seun Duduzane Zuma nie.

“Ons het geen lasbrief vir Zuma Jr. se inhegtenisneming nie. So ʼn uitspraak is nooit deur ons gemaak nie. Dit is vanweë spekulasie en ander verwagtinge en ons weet nie waar dit vandaan kom nie,” het Matakata in Pretoria aan joernaliste gesê.

Media in Suid-Afrika het wyd berig gelewer dat Duduzane, wat noue bande met die Gupta-broers het, saam met Ajay Gupta uit die land gevlug het.

ʼn Neef van die Gupta-broers en sewe ander mense het reeds verlede week in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat die Valke klopjagte op die Guptas se huis in Saxonwold en ander persele uitgevoer het.

Volgens haar is die lasbrief vir Ajay se inhegtenisname steeds van krag. “In dié stadium is die ondersoekspan besig om te skakel met sy prokureurs wat vir ons geskryf het, en ons het daarvolgens reageer.”

Matakata se opmerkings kom in teenstelling met dié wat Fikile Mbalula, minister van polisie, verlede week gemaak het – dat Gupta gesoek word in verband met die saak aangaande die Vrede-suiwelplaas.

Matakata het gesê agt verdagtes is op 14 Februarie in verband met dié saak in hegtenis geneem en dat vyf nog voortvlugtig is. Sy het nie dié vyf se name genoem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet Pille ·

Weersprekery, duidelik weer ‘n toesmeerdery. Jnr net soos pappa weet net hoe.

Johann Marx ·

Dan is die storie oor die “losprys” wat aangebied word seker ook nie waar nie? Deksels!!! As ek net een van hulle kon in die hande kry, sou ek sekerlik darem die helfte van my munisipale rekening kon betaal……wat nou blykbaar die verbruik van die naaste squatterkamp ook insluit. Ek het al gesien hoe ek een van hulle vastrek…….en vir dubbel die “losprys” weer laat gaan….dan kan iemand anders ook ‘n beurt kry. Ja, ja…noem my sommer Gawie….

GerhardG ·

‘Op soek’ is TWEE woorde in Afrikaans as dit gebruik word met die betekenis soos in die opskrif hierbo.

Landi Slatter ·

Dagsê GerhardG

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.