Die Valke in die Wes-Kaap het Vrydag ʼn 34-jarige man, wat al sedert 2014 voortvlugtig is in verband met ʼn bedrogsaak in Queenstown, in hegtenis geneem.
“Die beamptes was by ʼn plaaslike winkelsentrum in die Paarl besig met waarnemings by problematiese kitsbanke, toe hulle die voortvlugtige geïdentifiseer en in hegtenis geneem het,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê. “Hy word gesoek in verband met ʼn R50 000 kitsbankbedrogsaak wat deur Queenstown-polisie ondersoek word.”
Ramovha het gesê die man sal na verwagting Maandag in die Bellville-landdroshof verskyn, afhangend van sy oordrag om tereg te staan op dit waarvan af hy probeer vlug het.
“Dit moet miskien as ʼn waarskuwing dien vir alle kitsbankbedrieërs dat die kitsbanke in die Wes-Kaap 24/7 op ons radar is,” het hy bygevoeg.
die wes kaapse polisie moet asb die brandstigters in die res van die land kom aankeer.daar is darem hele gemeenskappe medepligtiges was die skuldiges kan uitwys.
Enetjie ! …daar is baie ….seker maar n begin ne !