Valke kry R5 miljoen by man

Die geld waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die geld waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 33-jarige man is deur die Valke in die Wes-Kaap in hegtenis geneem in verband met geldwassery, korrupsie en rampokkery.

Volgens kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, is die man Sondag by sy huis in Belhar in Kaapstad, in hegtenis geneem ná ʼn gesamentlike ondersoek deur die Valke se teenkorrupsie-eenheid en beamptes van die departement van vervoer.

“Die verdagte het na bewering ’n onwettige onderneming vir lisensiëring en polisieklaring bedryf. Die polisie het op nagenoeg R5,3 miljoen se kontant, verskeie identiteitsdokumente en twee voertuie beslag gelê tydens sy inhegtenisneming,” het Ramovha gesê.

Die verdagte moet Dinsdag in die Bellville-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort en meer inhegtenisnemings word verwag.

Brig. Mzwandile Nlovu, waarnemende hoof van die Valke in die Wes-Kaap, het die beamptes vir die inhegtenisneming geloof. “Dit is ongetwyfeld ʼn terugslag vir die onderwêreld. Ons bly onomwonde verbind tot die stryd teen georganiseerde misdaad,” het Nlovu gesê.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Die verdagte wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ouvrou ·

Kan een van julle gawe jong mense hier op maroela asb vir my verduidelik wat is geldwassery??

Koos1 ·

Dis geld in ‘n speed queen met omo!! Skuus Ouvrou dis ‘n grappie.

Dit is as jy geld bekom deur onwettige bedrywighede en dit dat wettig in die sisteem inkry.
Voorbeeld is as jy R100 kry vir renoster horing. Jy gaan nou na ‘n dobbel plek en dobbel met daai geld en wen R95. Die R95 is nou wettig, jy het dit gewen en daar is bewyse daarvan.

Scalla ·

Ou vrou, dit is enige tranaksie wat gedoen word om die herkoms van onwettige verkrygde geld te verberg, soms ook genoem warm geld, nie verklaar aan die ontvanger nie.

Vaalseun ·

‘n Amerikaanse smokkelaar se rekenmeester het eenkeer getuig dat hulle $5,000 per maand spandeer het net om rekkies te koop om hulle smokkelgeld te tel. Hy het ook getuig dat hulle soveel as 10% van hulle kontant verloor het agv van die klammigheid in die motorhuise in New York wat hulle moes huur net om al hulle kontant in te stoor. Groeiende smokkelhandel en korrupsie is ongelukkig ‘n reuse onsigbare bedryf wat die voortuitgang en welvaart van ‘n land se inwoners permanent kniehalter. Omdat die geld nie sigbaar is nie, is dit ook nie beskikbaar vir belasting en belegging nie, en derhalwe ook nie vir investering in produktiewe bedrywe en noodsaaklike infrastruktuur nie.

Koos1 ·

As daar soveel in kontant rondlê, hoeveel het hy nie al “gemaak” en gespandeer nie!!
Judge Judy op TV het altyd gesê: Follow the money! ekl dink dit het ook hier ‘n rol gespeel.

Ek sou kon doen met so ‘n pakkie van daai R200!!!!!!!

Hasie ·

Mooi so Valke, hoop julle kry al sy helpers ook gearresteer. Goeie werk. Sal interessant wees om te weet wat word nou van die geld. Hou dit net weg van die ANC.

brenda ·

vat al daai geld en koop kos vir kersfees vir die corronation (krugersdorp) kinders!!! en gee hul ordentlike verblyf.

Jef ·

Die verdagte op die foto wat in hegtenis geneem is staan met sy hande in sy broeksakke en die handboeie le links op die voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.