Valke lê beslag op amper R1 miljoen se perlemoen

(Argieffoto: SA Polisie)

Die Valke het Donderdag twee verdagtes aangekeer wat in besit van sowat R970 000 se perlemoen gevind is.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne oortree het.

Die Valke se ondersoekspan vir georganiseerde misdaad saam met die eenheid vir misdaadintelligensie, die spesiale taakspan en beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye, het ’n soek-en-beslagleggingsoperasie gedoen op ’n plaas by Wolseley in die boonste Breëriviervallei-streek in die Kaapse Wynlande in die Wes-Kaap.

“Tydens die beslaglegging is op nat en gedroogde perlemoen met ’n geskatte straatwaarde van R970 000 beslag gelê. Uitdroogtoerusting wat gebruik word om perlemoen te verwerk en ’n onwettige vuurwapen met ammunisie is ook gevind,” sê Hani.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Wolseley-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagtes van die bedryf van ’n onwettige perlemoenverwerkingsfasiliteit en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rhona ·

Dit word opgedis by die who’s who aan huise van keeping up with the Jones’se.

Cheryl ·

En so word ons pragtige land kaal gestroop. Van vryheid, van mense lewens, van korrupsie, van reg op bestaan, van natuurlike bronne, van menswaardigheid en aan en aan en aan…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.