Valke lê beslag op byna R9 miljoen se dwelmmiddels in Wes-Kaap

Foto verskaf deur die Valke

ʼn 25-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die Valke se narkotikaburo en misdaadintelligensieoperasie het beslag gelê op dwelmmiddels ter waarde van R8,9 miljoen ná ʼn klopjag in Somerset-Wes.

Beamptes het inligting ontvang dat onwettige dwelmmiddels in ʼn stoorkamer gebêre word. Die span het op heroïen, tik, mandrax en ʼn vuurwapen afgekom, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê. Die beamptes het ook beslag gelê op ʼn voertuig wat die verdagte na bewering gebruik het.

Die man sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Somerset-Wes verskyn op aanklag van onwettige dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

Ai, hoe werk dié man se kop?
Dis net dagga wat wettig is!!
Eish bra’ ek dink jy gaan tyd doen

Anoniem ·

SAPD Baie goed gedoen – ‘skelmheid’ braai uit ! Vra Hom waar het Hy die ander weggesteek ! Hierdie is net die spits van die Ysberg (dwelm hoop)

Guve ·

Welgedaan,sommer supertrots op jul,laat hy sing soos n kanarie,want alleen het hy nie geweel en deal nie,het al hoeveel mense se lewens verwoes,puik werk!!!

Diefie ·

Wow wonderlik. Mag julle meer en meer van die skuim kry. Toon geen genade teenoor hulle nie.

Maljan ·

As ek so kyk na die sakke, die hoeveelheid, dan maak r8/9 miljoen nie sin nie. Ons sal graag die openbare verniertiging van dwelms oo tv eil sien. Dis nie genoeg net om ingelig te word dat dit vernietig gaan word nie. Ons wil dit sien gebeur

TRACY ·

Jammer vir my onkunde, maar die pille lyk soos hondekos…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.