Valke lê beslag op dwelms van meer as R13 miljoen

Foto verskaf deur die Valke

Foto verskaf deur die Valke

ʼn 45-jarige man is op Kersdag op die N9 buite Uniondale in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) tesame met die plaaslike polisie en die honde-eenheid het die man in hegtenis geneem.

“Die man was van Soweto in Gauteng op pad na George toe inligting aan die lig gekom het dat hy na bewering dwelmmiddels vervoer,” het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die polisie se honde-eenheid het ʼn vals kompartement in die motor uitgewys waar 75 000 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R3,8 miljoen versteek is. Die polisie het ook beslag gelê op R11 000 in kontant, het Ramovha bygevoeg.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die George-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.

“Die inhegtenisneming volg ná vier verdagtes laat in November naby ʼn kleinhoewe in Vredenburg in hegtenis geneem is in verband met dwelmhandel,” het Ramovha gesê. Die vier beskuldigdes in dié saak is Hosia Mbulaheni Mathoho (58), Danniel Matalla (31), Khakhathi Nataniel Mulaudzi (41) en Wandile Morgan Songelwa (52), almal ook na bewering van Gauteng.

“Die vier mans is op die N7 in die Weskus voorgekeer en deursoek. Die polisie het beslag gelê op ongeveer 168 000 tablette ter waarde van ongeveer R7,5 miljoen. Die beskuldigdes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 13 Januarie 2017 in die Vredenburg-landdroshof.”

Ramovha het gesê nog inhegtenisnemings sal volg nadat die polisie op 23 Desember beslag gelê het op 51 000 Mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R2,2 miljoen. “Lede van die Valke het reageer op inligting oor ʼn verdagte pakket by ʼn plaaslike koeriermaatskappy in Airport Industrial. Die dwelmmiddels was in drie houtbokse versteek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

snoefie ·

die knape het “Transito” gekyk. nogal dwelms per koerier aanstuur.

piper ·

sluit hulle toe en vergeet van hulle. dink net hoeveel verdriet al daardie mandrax sou veroorsaak

Justice ·

As deel van die vonnis maak hulle hoogs verslaaf aan die euforie van die gekonfiskeerde Mandax oor `n periode van tyd. Ontrek die daaglikse kwota na `n maand en laat hulle dan die ontrekkings simptome ervaar vir die daaropvolgende maand. Herhaal proses op gereelde basis. Hou hulle daar vir lewenslank wat op die maksimun 3 jaar behoort te wees.

piper ·

ek stem saam, maak hulle verslaaf daaraan en ontrek dan die middel sodat hulle lei

KP ·

Kan iemand vir my se wat word van al hierdie dwelms wat so gekonfiskeer word. Verkoop die polisie dit dalk vir eie gewin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.