Valke lê beslag op ingevoerde vuurwapendele

Argieffoto (Foto: Marcus Trapp/Pixabay)

ʼn Besending van beweerde onwettige vuurwapenonderdele wat uit die VSA ingevoer is, is in Bloemfontein onderskep.

Ao Lynda Steyn, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het inligting ontvang oor die besending wat deur ʼn vragverskepingsdiens na Suid-Afrika gestuur is.

“Die voorlopige ondersoek het onthul die pakkie is valslik verklaar as werkswinkelonderdele. ʼn Lasbrief vir ʼn soektog is bekom gebaseer op die inligting en die pakkie is opgespoor,” het Steyn gesê.

ʼn Gesamentlike span van die taktiesereaksie-eenheid en plaaslike kriminelerekordsentrum het die aflewering gemonitor by Inneslaan in Waverly, Bloemfontein. “Drie beweerde ontvangers is ondervra en hul verklarings is bekom.”

Steyn het gesê daar is ook beslag gelê op bykomende elektroniese toerusting. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, aangesien die ondersoek voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Magriet ·

As mens al die berigte omtrent onwettige wapens waarop beslag gelê is die afgelope 3 maande, klink dit of mense wapens opgaar. Om watter rede?

JohanR ·

Miskien is dit verlore stukke uit Jacob Zuma se wapen transaksies!

Werner ·

As n mens na die berig op die radio luister was dit n krat en nie n pakkie nie n pakkie laat dit so afgewater klink nes die berig

Werner ·

En dit was nie wapenonderdelen nie maar wapens wat in n krat verpak was wat as onderdele gemerk was volgens RSG

Herpiet ·

Aan die een kant word ons ontwapen. Aan die ander kant word iemand bewapen…

Pampoen ·

Dis nou weer ‘n storm in ‘n teekoppie. ‘n Paar spares in ‘n klein pakkie. Nadat dit opgeblaas is klink dit of die VALKE ‘n wapens cache opgespoor het en gevaarlike misdadigers gevang het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.