Valke lê beslag op nóg perlemoen

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Valke in die Oos-Kaap het Donderdag beslag gelê op 1,6 ton perlemoen by die Durbanse hawe.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder vir die Valke, het gesê die waarde van die perlemoen beloop meer as R2,6 miljoen.

“Die beslaglegging volg ná inligting ontvang is van ʼn soortgelyke geval wat op 26 Januarie by die hawe in Port Elizabeth plaasgevind het,” het Feni gesê.

Tydens dié beslaglegging het die Valke 8,6 ton perlemoen by die hawe gevind. Dit het ʼn geraamde straatwaarde van R18 miljoen.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. Die Valke ondersoek egter die voorvalle en het gesê inhegtenisnemings kan binnekort verwag word.

Bokse vol perlemoen. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henk ·

Alles goed en wel, perlemoen met ‘n straat waarde van R18 miljoen. Iewers in ‘n yskas. Het die valke nie ‘n Gupta en Zuma familie waarop hulle tyd en geld moet spandeer nie? Het hulle nie ‘n hele paar staatsamptenare en privaatsektor korruptes waarop hulle geld moet spandeer nie? Ek meen, hulle kan BILJOENE in kontant terug kry en terug bring SA toe waar dit hoort!!!!

Jaco ·

As n hardwerkende SA burger sal ek nooit enige misdaad goedpraat nie, maar dit lyk vir my die prioriteite in hierdie land is net nie reg nie! Hulle sal selfs iemand wat n daggaboompie erens op n agterstoep se pot kweek gaan arresteer voordat hul aan iemand sal raak wat n HELE LAND deur misdaad en korrupsie sink, hoekom so selektief? Indien n land nie genoeg hulpbronne het om misdaad te beveg nie dan begin jy HEEL BO en werk dan jul pad af na die minder ernstige misdade, maar in Suid Afrika is dit anders om….

Gerrit ·

Ek stem saam gee die perlemoen ondersoeke en polisieering vir n sekuriteits maatskapy net nie vir die sapd nie want dan val alles weer in mekaar maar die valke moet ernstige sake ondersoek nou word hulle besig gehou met perlemoen stropery .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.