Valke lê op R20 miljoen se goud beslag

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die Valke en lede van die spesiale taakmag en misdaadintelligensie het op onverwerkte goud van nagenoeg R20 miljoen beslag gelê ná klopjagte op verskeie eiendomme in Springs, Johannesburg, en in Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die vonds volg ná ʼn 18 maande lange ondersoek. Volgens Mulaudzi is 40 verdagtes reeds in dié tydperk in hegtenis geneem.

Mulaudzi het gesê daar is klopjagte op meer as 18 eiendomme gedoen. “By een van die eiendomme is daar op ʼn raffinadery, gepantserde voertuie en ʼn groot aantal dokumente beslag gelê. Daar is ook by ʼn pakhuis in Johannesburg op R20 miljoen se onverwerkte goud beslag gelê.”

Volgens Mulaudzi was daar planne om die goud uit te voer voor die beslaglegging.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pascal ·

Wonder of die regerende party ook by hierdie gierigheid betrokke is? N tyd gelede het hulle on Reserwe Bank se goud vir die Rothschild Jode gegee om in die VSA aan te wend. Snaaks dat hulle hierdie keer “gevang” is, maar ONS sal nooit regtig die waarheid weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.