Valke-lede in hof oor korrupsie

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Drie lede van die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke) bly in aanhouding ná hulle in hegtenis geneem is op aanklag van korrupsie, uitbuiting, intimidasie en dwarsboming van die gereg.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die persone het Vrydag vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding.

Kapt. Thembani Luyanda Mnonopi (55), kapt. Mydarling Hlanganai Ndaba 39), en ao Zanele Constance Shabane (49) is in hegtenis geneem ná ʼn ondersoek in Januarie vanjaar aan die lig gebring het dat hulle na bewering ʼn sakeman van Midrand geïntimideer en meer as R100 000 in plaaslike en buitelandse valuta (onderskeidelik R14 000 en $6 000) van hom uitgebuit het.

“Die lede het glo gedreig om sy onderneming te sluit omdat hy dit sonder geldige dokumente bedryf en dat hy onwettig in die land is. Hulle sal na verwagting op 10 April 2019 weer in die Alexandra-landdroshof verskyn vir hul aansoek om borgtog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hoeveel wolwe is skaapwagters. Geld die wortel van alle kwaad. Hoop hulle maak ‘n voorbeeld.

Jackie S ·

Die goeie nuus is dat skelms wel deur die Valke in hegtenis geneem word. Die slegte nuus is dat die groot skelms nog nie in hegtenis geneem is nie.
Die waarheid is moontlik die ergste; die valke het net nie meer die bekwame personeel vir ingewikkelde sake nie.

Mollycat ·

Money is not the root of all evil…the LOVE of money is the root of evil…

willem Botha ·

Nou is die polisie se polisie ook skelm,moet maar n polisie departement aanstel om die polisie se polisie te polisieer miskien die “Arende” lol

Louis leeu ·

Veronderstel om ons land skoon te hou van korrupsie en ander gemors en dan doen hulle dieselfde Tipies

ne ·

Het hulle die range verdien of pasella gekry. ‘n Mens moet werk vir jou bevordering nie net kry nie!

Zoro ·

RDP – range gooi daai selle se sleutels in die see – hulle gaan hoër range kry sodra hulle vry gelaat word.

marous ·

En daar was sekerlik honderde eerlike toegewyde beamptes by die hof om te betoog teen borg ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.