Valke-lede vas oor bedrog

(Foto verskaf deur die Valke)

Die Gautengse hoof van die Valke, genl.maj. Ebrahim Kadwa, het die ondersoekspan geloof ná die inhegtenisneming van twee manlike sersante Donderdag in Ivory Park in verband met bedrieglike reis-eise.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die twee mans, wat onlangs by die eenheid vir ernstige korrupsie in Pretoria en Ivory Park tot sersante bevorder is, het glo fiktiewe akkommodasiefakture geskep toe hulle tussen 2015 en 2018 vir ondersoeke tussen provinsies heen gereis het. Hulle het die by hul polisiestasie se finansieskantoor ingedien vir verwerking,” het Mulamu gesê.

Die Valke het die twee mans Donderdagoggend in Ivory Park in hegtenis geneem.

Verdere ondersoek het onthul dat meeste van die gastehuise waarvoor die twee fakture ingedien het, nie bestaan nie.

“Hul werkgewer, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het ʼn verlies van ongeveer R4 756 gely op alle akkommodasie-fakture wat die verdagtes ingedien het.”

Die twee mans, onderskeidelik 35 en 42 jaar oud, staan tereg op aanklag van bedrog. Hulle sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

“Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke bly vasbeslote om bedrog en korrupsie onder wetstoepassers te takel. Ons sal seker maak dat die oortreders vervolg word,” het Kadwa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Willempie ·

Ek wonder maar net. Daar is nou al honderde mense “VAS”. Wat gebeur hierna met hulle, al die wat “VAS” is ??? Jy hoor feitlik nooit weer van die wat “VAS” is nie.!!!!

Persheks Adri ·

Klein vissies ons soek die groot visse in die parlement dan gaan die poppe dans! Glo nie eers hulle gaan erg gestraf word nie pffft

Aikie ·

Dit wil my al hoe meer voorkom asof daar nie ‘n enkele klip in Suid Afrika is wat jy kan omkeer sonder dat daar’ n korrupte ding uitkruip nie. Liewe Vader, waar gaan dit eindig?

Adri ·

As die twee “vas” is vir R4756, wanneer word dié wat met miljoene bedrog gepleeg het, vasgevat?

Petrie ·

Ons hoor van die wat met groot basuin geklank en fanfare gearresteer word maar wat daarna? Ons lees nie van verhore of vonnisse wat opgelê word nie. Hoe lank word hulle geskors met volle salaris?
Ek het regtig my bedenkinge……

Saartjievandiebosveld ·

Dis nou….WOLF SKASPWAGTER…maak. Eish…..

Hennie J ·

Eish, die S&T, hy es agter die dop, die deng wat ons verlei.

Danie ·

Die bedraggie is so klein daar sal net n nota op die skuldiges se personeelleers gemaak word dat hulle stout was.

Janee ·

“Vas” beteken naampie word neergeskryf en hul moet belowe om dit nie weer te doen!!

Jack ·

Dis net die oortjies van die seekoei. Die ouens wou seker nie deel met hul kollegas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.