Valke-lede vas wat glo geld ná transitorooftog vat

Argieffoto

Twee lede van die Valke het Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van diefstal en dwarsboming van die gereg. Hulle het glo geld van ʼn transitorooftogtoneel in hul eie sakke gesteek.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Rapulane Levy Tlholoe (51) en Ndavheleseni Edward Musetha (53) van die Valke-span in Vaalrand het in Januarie na bewering op ʼn transitorooftogtoneel in die Langlaagte-gebied in Johannesburg gereageer.

“Hulle het glo die geld, wat verspreid oor die toneel gelê het, in vier geseëlde sakke vir forensiese toetse gesit en by die polisiestasie ingedien. Daar is beweer dat die verdagtes slegs twee van hierdie sakke vir forensiese toetse ingehandig het,” sê Mogale.

Die verdagtes het na bewering een van die sakke, wat geskeur was, in hul voertuig gehou.

“Daar is na bewering nog kontant in die paneelkissie ontdek, wat later in ʼn ander verseëlde sak geplaas is om as bewysstuk ingedien te word. Daar was egter nog een verseëlde sak weg.”

Lasbriewe vir hul inhegtenisnemings is uitgereik en hulle is Dinsdagoggend in hegtenis geneem.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisnemings verwelkom.

“Hoewel dit moeilik is om lede van jou eie span vas te trek, is dit ook uiters nodig. Lede van die Valke behoort integriteit te toon,” sê Lebeya.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Leer pragtig by die kaders maggies wie moet ons vertrou mmmmmmmmm lyk my niemand nie pffft.

Niemand van hulle verstaan die woord integriteit nie hel man!

Elize ·

Eintlik ontstellend. Mens voel altyd dis nou die ouens wat ons helde moet wees maar dan het hulle voete van klei.

Anoniem ·

Die polisie is al lankal nie meer ons vriende of helde nie, hulle is ons vyand nommer 1.

Grassie ·

Die Valke is veronderstel om ‘n elite-eenheid te wees wat ernstige misdaad ondersoek wat ‘n bietjie bo die vuurmaakplek van die gewone polisiediens is. Die afgelope klompie maande was daar egter kort-kort voorvalle waar Valke-lede by misdaad en korrupsie betrokke was. Dit lyk vir my hulle is dalk net so kern-vrot soos die res van die Staatsdiens.

Frank ·

Is die Valke nie veronderstel om uit die room van die SAP gekies te wees nie? Of verstaan ek die ding verkeerd?

Karen ·

Uiteindelik kom die waarheid uit. Die valke is nie betroubaar nie, hulle pleeg net soveel korrupsie ensv.

JM ·

Eie aan hul aard. Net soos die res. Niemand kan meer vertrou word nie.

Peetjie ·

Ag nee man… Is daar nog mense wat kan vertrou word… Orals is daar skelms wat net wag vir n geleentheid…

Genis ·

Swak SAPD swak, julle ANC kaders is vernietigend! Wat se ou Cele nou, haal seker sy hoed af vir die manne?

Hennie J ·

Eish, ek es die poleitsman, elke dag ek wag ver die skabengas om my te skiet. My pay es selfde as die van die cleaner by die laerskool. Daarie dag die geld het rondgele en ek het bietjie ver my en my tjomma gevat. Daarie merrag my kinders……………………………………………………………………

Di ·

Goeie genade dit raak net erger by die dag! Die aantal kriminele wat in poste sit is ongelooflik. Waar is die dae dat jy sekerheidklaring moes he om in sekere poste aangestel te word? Die Staatdiens het ‘n paar jaar terug al verkondig dat alle staatamptenare sekerheidsklaring moet kry en dit het toe nooit gebeur nie. ‘n Groot mederheid het in opstand gekom hieroor en als het toe summier dood geloop. Our people weier want hulle weet hulle gaan uitgevang word met vervalste kwalifikasies, vorige kriminele sake teen hulle en ………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.