Valke-lid se pa voor huis doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Lid van die Valke se pa is Dinsdagoggend voor sy huis in Melkbosstrand buite Kaapstad doodgeskiet.

Die 74-jarige man is agter die stuur van ʼn motor doodgeskiet. Volgens kapt. Philani Nkwalase, Wes-Kaapse woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), is hy twee keer geskiet en op die toneel dood verklaar.

“Die motief vir die moord word ondersoek. Lede van die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad is op die toneel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Die oorledene is die pa van ʼn adjudant-offisier speurder van die Valke. Volgens Nkwalase wil hulle nie in die stadium spekuleer of die oorledene die slagoffer van ʼn huurmoord was en of hy dalk verkeerdelik geteiken is en of sy seun eintlik die moontlike teiken was nie.

Volgens die Melkbosstrand-buurtwag het die voorval voor ʼn huis in Harold Ashwellweg plaasgevind. “Ons wil die gemeenskap vra om geduldig te wees en deernis te toon deur nie te spekuleer nie.”

Die polisie het navrae oor die voorval na die Valke verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Carien ·

Baie jammer om dit te hoor, sterkte aan die lid van die Valke en familie. ????????

LV ·

Tyd dat die Nasionale Kommissaris vervang word,daar is geen plan of strategie nie,almal hardloop soos afkop hoenders rond. Al wat hy ken is die 72uur plan.

Akademi Buktu ·

En POPCRU moet verban word. Hulle het reuse aandeel in die polisie se agteruitgang wat gehalte diens betref.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.