Valke-lid vas vir rooftogte

Petrus Doctor Nkosi (53). Foto: Verskaf

Die Valke in Mpumalanga het een van sy eie lede in hegtenis geneem in verband met ʼn transito- en bankrooftog.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, provinsiale woordvoerder van die Valke, het gesê die beampte, AO Petrus Doctor Nkosi (53), is Maandag in hegtenis geneem op aanklagte van sameswering om ʼn transitorooftog te pleeg, gewapende roof, geldwassery, dwarsboming van die gereg en die ongemagtigde gebruik van ʼn ampsvoertuig.

“Die beampte het na bewering met ʼn sindikaat saamgesweer wat in 2015 tot ʼn bank- en transitorooftog in Hazyview gelei het. Nagenoeg R1,4 miljoen is tydens die rooftogte gesteel,” het Sekgotodi gesê.

“Nadere ondersoek het Nkosi deur geldmarktransaksies met die sindikaat verbind. ʼn Familielid het glo geld namens hom onttrek.”

Nkosi het Maandag reeds in die Nelspruit-landdroshof verskyn, waar hy borgtog van R8 000 toegestaan is. Die saak is tot 16 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ekke ·

Gook die sleutel weg. Dis die rede hoekom hierdie dinge nie stopgesit kan word nie!!!

Oom Kalahari ·

Soos voorhren gemeld….baie van die transito rooftogte is deur inligting van binne en lede in mags posisies. Die familie lid is net so skuldig en het geweet van die groot bedrag geld en ook nie gerapporteer nie. Die deler is so goed soos die steler.

White Rhino ·

Almal korrup – kan absoluut niemand vertrou of glo nie – dit is SA.

Blommie ·

Moet die persone wat n Mag Posisie beklee, nie harder gestraf word of dstrenger teen opgetree word nie.
Juis omrede die mense klaar toegang het tot sekere inligting wat normale mense nie het nie.
Dis hoekom hulle n eed afle, hulle kan mos nie dieselfde as gewone misdadigers gestraf word nie.

JM ·

Dit wys jou net die grootste skelms is die wets toepassers en lede in die regering

Tanzie ·

Ek het net totaal en al geen meer woord nie. Verrot, van bo tot onder.

Bokkie ·

Adjudant Offisier van die Valke! – Sjoe, wie kan mens deesdae vertrou? :-(

christa ·

Mooi so vir die wakker manne. Laat my dink aan die Andre Stander geval. Hy beweeg saam met die speurders en ken al hulle bewegings en weet wanneer om wat te doen. Maar gelukkig was daar ander wakker manne. Bere hom vir altyd en nog ‘n dag

GM ·

Ek sal verstom wees as dit enige een verbaas. Natuurlik sal BAIE hoë-koppe korrup wees. Hoe anders sal ministers ens. wegkom met als waarmee hul wegkom. Baie word strategies in poste geplaas. Baantjies vir boeties, sodat hulself sekere voordele kan geniet. Daarom sal die land nie weer ‘eerste-wêreldland’ status sien nie.

GM ·

En ek kan nie glo ek was so dom nie. Ek moes my kind se noemnaam Doctor gemaak het, dalk het dit in haar guns getel iewers in haar lewe.

Julian ·

Hulle het drie jaar gehad om die saak te ondersoek. Nou is die saak uitgestel vir verdere ondersoek.

Mrs H ·

Borgtog moes R1.4 mil wees, wat gelyk staande aan vorige roof is, sodat die famillie karre en huise verkoop en ons gelde so terug verhaal. Kyk maar, hy sit ook agter daardie hengse klomp dagga wat gevind was in twee voertuie. Dagga vir EFF skares beskoor van toekomstigge proteste en wrede kriminele optredes soos Net EFF dit kan doen – belaai met dagga! Ordentlikke ondersoek sal groot sindikate en “maffia” met gekende name en politikuste ontbloot. As hierdie valke mannetjie 53 jr oud is, dink net wat het hy al die afgelope 25 jr alles aangevang? Hy is nou maar net eers gevang. “Geldmark transaksies”…..waar was SARS?

Koos ·

Sommer selfde dag as arres in hof én borg ook boonop? Stomgeslaan.

Piet ·

Ja, sekere mense bly maar net skelm en ondermyners van wet en orde en alles wat goed is. Lyk my daar is geen medisyne vir hulle nie. Did hoekom President HF Verwoerd gesê het hy onderhandel nie met die ondermyners nie.

Reguit ·

Hulle kan nou maar daardie sogenaamde ‘elite’ eenheid se naam na “Die Aasvoëls” verander……………..

Casper Labuschagne ·

Hier is die verduideliking: Mpumalanga, ons eie provinsie waar ongebreidelde boewery soos hierdie glad nie ‘n geïsoleerde geval is nie. En hoekom sal hulle nie, hulle kom dan weg daarmee omdat die vrot begin by die oud premier van Mpumalanga wat ook ons huidige adjunk president is.

AWVDM ·

“I Know we Live in a Fallen World,
BUT
Just Because I Breath Corrupt Air,
Rub elbows with Corrupt Men,
NEVER,
Make The Mistake Of Thinking
That I am Corruptible!!”

Live by Night

Piet Pompies ·

Nogal toevallig, onlangs op Kyknet Aktueel het ‘n privaat ondersoek beampte die stelling gemaak dat lede van die Valke betrokke is by ernstige misdaad en dat die inhegtenis neming nou plaasind. As daar een is, is daar beslis nog lede van die Valke wat betrokke is by ernsige misdaad.

Mev G ·

Daar is ‘n gesegde wat sê, “maak van wolf skaapwagter”.

Johan. H. ·

Ag nooiet!!! In my wildste drome,,,ai aia jaaie, Sou dit werklik nooiet kon dink nie,,!

Jaap ·

Die publiek het ‘n wanindruk vd sg Valke. Die lg het ontstaan toe die ou Organised Crime en Handelstak saamgegooi is deur ‘n voormalige afdelingskommissaris Nchwe. Daar is nie gekies om die elite te gebruik nie maar die hele spul is saam gegooi, plus al die korruptes. Die wet vereis ‘n lid moet ‘n sekerheidsklaring hê, maar dikwels word net ‘n geheime klaring vereis – vir dit doen jy geen poligraaftoets nie. Waar hoogs geheime klaring versoek word, is die vrae wat gevra word tydens die poligraaftoets totaal irrelevant en kan ‘n korrupte lid dit met vlieënde vaandels slaag. Boonop doen die SAPD se eie Misdaadintelligensie die poligraaftoetse, dikwels onervare en nie objektief nie. Die Valke is deurtrek v korrupte en misdadige elemente – vra iemand wat 3 jaar gelede daar bedank het. Dis nie veel beter as op stasievlak nie. Maar die Valke ontvang maandeliks ‘n ‘scarce skills’ toelae – ons noem dit scary skills

PJC ·

Hierdie vrot appels in die wetstoepassing is gewoonlik aan almal bekend maar word nie afgedank nie totdat dinge lelik skeef loop.

cb ·

Wat het geword van die lid van die Valke wat te wakker gewees het, en aanmerking gemaak het oor, die skuldige gaan vasilene nodig he!!!!!! Vra net,!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.