Valke moet teistering stop, sê Gordhan

pravind-gordhan1

Pravin Gordhan. Foto: GCIS

Die Valke, en diegene wat hulle opdrag gee, slaan nie ag op die ekonomiese en maatskaplike welstand van miljoene Suid-Afrikaners nie, het Pravin Gordhan, minister van finansies, Sondag gesê.

“Ek was baie verras om die misleidende opskrifte en inhoud van artikels in sommige van die Independent-koerante te lees,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Volgens mediaberigte wat Sondag gepubliseer is, het die Valke ʼn tweede brief aan Gordhan uitgereik wat hom tot vandag [Maandag] om 16:00 ʼn spertyd gee waarin hy 27 vrae moet beantwoord oor ʼn ondersoek oor die sogenaamde “rogue unit” binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Gordhan is ook glo deur Berning Ntlemeza, hoof van die Valke, veroordeel omdat hy nie die aanvanklike sperdatum gehaal het nie, ʼn paar dae voor sy Begrotingsrede in die parlement.

Gordhan het Sondag in sy verklaring gesê die Valke, en diegene wat hulle opdrag gee, het “weereens geen agting vir die ekonomiese of maatskaplike welvaart van miljoene Suid-Afrikaners” nie.

“ʼn Team SA-afvaardiging wat bestaan uit lede van die regering, besigheid en drie vakbondfederasies was die afgelope week besig met ʼn intensiewe beleggersveldtog om die besware van ons verbandbeleggers aan te spreek en ons fiskale sterkte te verdedig,” het hy gesê. “Dit is sodat ons steeds geld kan leen wat ons nie op infrastruktuur en ander projekte spandeer nie. Hierdie beleggers en graderingsagentskappe hou elke ontwikkeling binne Suid-Afrika met ʼn valkoog dop. Ek, en ander lojale Suid-Afrikaners, tree op in die beste belang van alle Suid-Afrikaners sodat hulle ʼn beter en voorspoediger toekoms kan hê.”

Oor die “bekendmaking” in die naweekmedia, het Gordhan gesê sy prokureurs het bevestig dat hulle nie Vrydag teen sluitingstyd ʼn tweede brief ontvang het nie, en daar is ook nie iets in Gordhan se e-posbus nie. “Ek bevestig dat ek nie bewus is van enige ‘nuwe’ brief nie,” het hy gesê.

Gordhan het gesê die brief wat sy prokureurs aan die hoof van die Valke op 7 Maart gestuur het, dui duidelik daarop (1) die polisie-eenheid het versuim om aan te dui volgens watter wetgewing hulle optree waarvolgens hulle die vrae vra; (2) die sperdatum wat ingestel is was onhaalbaar, gegewe die veldtog waarmee hy besig was; en (3) hy sal reageer op die vrae volgens die advies van sy prokureurs, sodra die wettige maatreëls duidelik gestel is. Hy het bygevoeg, net soos enige ander Suid-Afrikaner, is hy nie bo die wet verhewe nie.

“Waar is die geheime brief? Waarom het een joernalis iets in sy hand maar die mense aan wie dit gerig het, het dit nie? Waarom word ʼn brief, wat nog bestudeer moet word en nog nie daarop gereageer is nie, ‘uitgelek’? Is dit om verdere teistering en intimidasietaktiek te gebruik soos die destydse veiligheidspolisie?” wou Gordhan weet.

Hy het gesê hy sal steeds Suid-Afrika dien tot die beste van sy vermoë, in die belang van alle Suid-Afrikaners. “Ons onmiddellike taak, ons almal sʼn, is om ʼn afgradering deur graderingsagentskappe te vermy, en dringende maniere te soek om ons ekonomie te bevorder en werk te skep – veral vir ons jeug.”

Lees alle vorige berigte oor Pravin Gordhan op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Genie ·

Dear Mr. Gordhan,

The Hawks are all in Parys, Free State, harassing the Boere!

Loon ·

Mnr Gordhan,
Zuma het jou nie in jou pos gesoek nie, sy gatgabba David moes daar gewees het vir sy eie gewin, begin maar sommer daar soek na antwoorde want dit sal jou baie tyd spaar.

freek ·

zuma/zupta soek hom nie in daardie pos nie. hy sal te veel ongeregtighede aan die lig bring.

Theo ·

Ek hoop net die eenheid van destyds en al hulle informasie wat hulle ingesamel het is erens in veilige bewaring. Hierdie is n hekse jag en gaan alles oor die verdoemende dokumente in “SARS” se kluis teen prominente politieke leiers asook moontlik die Guptas. Hier le nog interessante tye voor.

Hendrik ·

Ek sal verstom wees as daardie sg. geheime dossier nog bestaan.

Theo ·

Wel, n goeie ondersoek beampte sal altyd sorg dat daar n ekstra kopie of 3 is, veral van so n sensitiewe saak.

Gert van KZN ·

Kyk wie sit daaragter. Dit is niks anders as staatsgreep poging deur zuma om in beheer te kom van SA. Dan word die howe gekelder en die grondwet opgeskort. Dit alles voor die munisipale verkiesing.

GES ·

Daar is beslis iets aan die kook in die Zupta-geledere. Ek hoop net mnr Gordhan kan die Valke se aanslag oorleef.

Connie ·

Vasbyt Mnr Gordhan. Jy is ons enigste hoop nou behalwe ons Skepper. Hy is in beheer.

Ben ·

Ek hoop Mnr Gordhan stel homself beskikbaar as presidentsiële kandidaat sodra Zuma loop?

Maggie Schneider ·

Mnr Gordham moet asseblief nie bedank nie , ons gewone mense het jou nodig

Eric ·

Tax man will meet by be lasting betaler vat.suit hit wat hulls will he soos bosluise.Gordham probeer ook hulle gemors regmaak.Sterkstaan Gorgham

Leon Coetzee ·

Doodseker Zuma of sal ek se Zupta wat daaragter sit !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.