Valke neem drie kollegas in hegtenis

ValkeDrie lede van die Valke is Dinsdag vir beweerde diefstal in Welkom in die Vrystaat deur hul kollegas in hegtenis geneem.

“’n 59-jarige kaptein en twee konstabels, onderskeidelik 37 en 39 jaar oud, het glo in Augustus vanjaar R250 000 van ‘n klaer gesteel,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ‘n verklaring gesê. Die beskuldigdes is gestasioneer by die Valke se eenheid in Thabong.

Die drie lede is glo na die huis van die klaer nadat ander kollegas ‘n lasbrief om sy huis te deursoek, uitgevoer het. Hulle kon nie enigiets inkriminerend by die huis vind nie. Toe die drie beskuldigdes by die man se huis aangekom het, het hulle daarop aangedring om sy motor te deursoek, al het hulle nie ‘n lasbrief gehad nie. Hulle het glo die kontant in die deurpaneel gevind. Die beamptes wou daarna vertrek sonder om die geld te tel, maar die klaer het geweier totdat hulle die geld getel het en hulle is daarmee weg in ‘n verseëlde bewysstuk-sak.

Kort daarna is die ontdekking gemaak dat geen polisiestasie ‘n bewys het dat R250 000 deur die drie beamptes ingeboek is nie. ‘n Ondersoek is van stapel gestuur en die drie lede is in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en diefstal. Hulle sal na verwagting Woensdag in die Welkom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Iets soos ‘slim vang sy baas’.
Waaroor het die klaer gekla en wat het aanleiding gegee tot die deursoek ?

CHRISTA ·

WAT ‘N GRAP!!! Dis die groep wat die Skerpioene vervang het. Die Skerpioene was die mees suksesvolle mag teen misdaad!!! Die ANC was seker bang die meeste van hulle en hulle families sal agter tralies land!!! Watter ander rede kon hulle hê om so ‘n suksesvolle eenheid te ontbind?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.