Valke ondersoek bedrog by sendingstasie

Foto: Facebook

Die Valke ondersoek bewerings van bedrog by die omstrede KwaSizabantu-sendingorganisasie (KSB) in Kranskop, KwaZulu-Natal.

Simphiwe Mhlongo, woordvoerder vir die Valke in KwaZulu-Natal, het bevestig die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in Pietermaritzburg ondersoek aantygings van bedrog by KSB.

Volgens Mhlongo is die ondersoek nog in ʼn vroeë stadium en het geen inhegtenisnemings al plaasgevind nie.

Die bewerings van bedrog is deur Arno Stegen by die Valke ingedien. Stegen is ʼn voormalige trustee van KSB, asook die broerskind van die stigter van die sendingstasie, Erlo Stegen. Stegen het sowat twee jaar gelede die sendingstasie verlaat.

By navraag wou Stegen nie uitbrei waarom hy die saak aanhangig gemaak het nie.

‘n Lugfoto van die KwaSizabantu-sendingorganisasie in Kranskop. Foto: Skermskoot/YouTube-video

Die KwaSizabantu-sendingorganisasie is aan die einde van 1966 deur Erlo Stegen gestig nadat hy geglo het ʼn Christelike herlewing het onder die Zoeloes posgevat.

Maroela Media het voorheen berig dat KwaSizabantu sedert verlede jaar Junie deur spesialisondersoeker, Mike Bolhuis, ondersoek word vir beweerde geldwassery van ongeveer R136 miljoen. In dié ondersoek word sommige van die sendingstasie se leiers in die topstruktuur by beweerde geldwassery en diefstal betrek. Meer as ʼn jaar later het dié ondersoek egter nog geen vrugte afgewerp nie.

Vaughan Schwartz, hoofspesialisondersoeker van ernstige ekonomiese misdade vir Mike Bolhuis en hoofondersoekbeampte in die ondersoek, het aan Maroela Media bevestig dat die ondersoek in sy “finale” fase is en tans “sensitief” is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wat van die Valke ondersoek eerder die top 6. Begin by hulle. Almal wonder waar Dlamini Zuma haar R1.9 biljoen vandaan kry.

Prikkie ·

Nou wil jy nou meer – ‘n sendingstasie! – bedrog, wat volgende?

Jaco ·

2 Bybeltekste kom by my op:
Die liefde vir geld is die wortel van alle kwaad
En
Dis makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te kom
Ek wonder altyd wat maak dié super ryk en geldgierige Christene met dié 2 Bybeltekste. Plak hulle dit toe of tippex hulle dit uit of sê hulle “dit beteken eintlik iets anders want dit is verkeerd vertaal”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.