Valke ondersoek dood van bevelvoerder

Kol. Christelle Stemmet van die Valke. (Foto: Facebook)

ʼn Bevelvoerder van een van die Valke se ondersoekspanne is Sondagaand dood in haar huis in Kaapstad aangetref.

Kol. Christina Stemmet (47) was deel van die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie. Sy is Sondag omstreeks 20:00 dood aangetref in haar huis in die Table View-omgewing. Sy het twee skietwonde gehad en twee patroondoppies is op die toneel gevind.

“Die Valke betuig ons diepste medelye met die familie en vriende van kol. Stemmet met die ontydige afsterwe van ons kollega,” sê lt.kol. Philani Nkwalase, Valke-woordvoerder in die Wes-Kaap.

Hy sê plaaslike speurders ondersoek die motief vir haar dood. “ʼn Voorlopige ondersoek het egter gewys dat haar dood nie verband hou met ondersoeke waaraan sy gewerk het nie,” sê Nkwalase. Hy sê ʼn geregtelike doodsondersoek is aan die gang, om “die omstandighede rondom die dood van só ʼn ervare en toegewyde lid van die Valke te ondersoek”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Wonder net... ·

Wonder net hoe kan ñ voorlopige ondersoek bepaal of dit werksverwand was of nie….ek ruik n rot

TN ·

Jy beter weer ruik want dit blyk dat sy inderdaad selfmoord gepleeg het .

sannie ·

Sy was bereid om vir die valke te werk en het nou die prys daarvoor betaal. Só hartseer.

Beryl ·

Dit is nie die Valke se skuld as dit ‘n “vriend” is wat dit gedoen het nie?

Poot ·

Hoe kan ñ voorlopige ondersoek dui dat haar dood nie verband hou met haar werk nie?

legens ·

Dit is lankal tyd dat alle vuurwapens uit die samelewing verwyder word en slegs gelaat word in die hande van wetstoepassers wat hoogs opgelei is en psigometriese toetse geslaag het .

KrokodilBotha ·

Wat van halwe bakstene, messe, pangas, karre, kieries, skroewedraaiers, yster pype, byle, pikstele, ketels, elektriese koord,vuurhoutjies ensv. Puik idee, haha

Henk Ackermann ·

@ legens , so , jy wil hê die polisiemag moet 5 lede sterk wees ? Sterkte met daai een !

Gaitsigubib ·

Slegs “goed opgeleide wets toepassers” se jy? So dan kan niemand in SA wapens he nie. Klink fantasties.

André ·

@Legens….90% van ons wetstoepassers is nie behoorlik opgelei om ň vuurwapen te besit nie.

Willem ·

Dis seker jou wetstoepassers wat haar geskiet het teen betaling. Korrupte kader wat vrees vir vervolging – met jou belastinggeld betaal vir die huurmoord.

Mathilda ·

Ag tog – alle persone wat wapens dra kan nie oor dieselfde kam geskeer word nie!!!

Ons dra wapaens en sal indien ‘n onregmatige persoon ons eiendom (huis) 12 uur in die aand betree, geskiet word om ons gesin te beskerm ! Want hy kom seker nie vir ‘n biertjie oor nie!!!

Dirk ·

Die wêreld van misdaad en geld bly maar ‘n gevaarlike plek.

Magda ·

Vermoor – sy het te naby aan die waarheid gekom! – Sterkte aan haar Familie – en hoop die gemors van mense kry wat hulle so mildelik uitdeel – DOODSTRAF.

Santie ·

Wat ‘n tragedie! Vir haar naasbestaandess en vir die NVG.

Spark Plug ·

Sy het 2 skietwonde en 2 patroondoppies is opgetel so iemand moes dit gedoen het

Mariaan ·

NOG n man wat n vrou sommer net vermoor!! Dis nou die hoeveelste vd tipe moorde al die jaar..SKOKKEND …net swakkelinge wat sulke goed doen…so vernietig ons ons eie volk

Amelia ·

Stem saam Mariaan, dis net swakkelinge wat sulke goed doen – dit kan hoe bad gaan maar ‘n oplossing kan gevind word nie net moord nie.

Josi ·

@Joubert, maar tog is jy helemal verkeerd, haar vriend het homself reeds oorgegee.

Willie ·

Dis darem maar baie sleg, soveel lewens weer geraak en geskend..

@Unpatriotic ·

Maybe you are just not capable of having any feelings at all. Maybe you are just a feeling-less person. Thank you for sharing that with us. Be blessed

Rational ·

Maybe not. Maybe he is just plain rational by having no feelings for evil.

Leon ·

Volgens News 24 was sy betrokkke met sake teen Petro SA wat blykbaar Vrydag in die hof sou wees

Stripes ·

Ek ruik ‘n rot! Dui vir my meer op ‘n teregstelling as ek kyk na wie sy ondersoek het.

Yolanda ·

Julle hoor gou hier, my seun word oor 6 dae 24jaar oud. In 2016 was hy polisie college toe vir n jaar. In daardie tyd het hul opleiding gekry “wat glad nie spelletjies is nie” saam met dit verskillende vuurwapens. En my seun was van die top 5 met alles wat hul gedoen het. Tussen 4500 mense….. Dit gese… Lyk hy soos n skool seun van dalk standerd 8 of 9. Die opleiding wat hul deesdae daar kry is nie soos die ou dae nie. Hul doen tot “riot” training. En nogsteeds se ek nie spelletjies nie. Die punt wat ek try maak is……. Die wets toepassers kry almal genoeg en ordentlike training die ding is mense verloor hul koppe iewers langs die pad. Dalk met dinge wat nie gecope kan word nie of geen ondersteuning of dalk net plain gerigheid en skelmgeit en so aan en aan… “GUNS” Maak nie mense dood nie… MENSE DOEN.. Om guns te wil wegvat terwyl daar 1000 ander dinge ook dood kan veroorsaak is sommer simpel. Ons moet eerder aan Suid Afrika se geestes toestand werk. Want dis wat die dood veroorsaak. Al die siek mense met hul siek gedagtes…..

Careltjie ·

Yolanda, as hul in daardie tyd 4500 mense in opleiding was, watter skietbaan het hul gebruik? Dit wil sê, daardie 4500 mense is nou versprei deur Suid-Afrika en hul bevoegdheid, moet net soos ‘n gewone burger, in stand gehou word. Dan vra ek weer die vraag, watter skietbane gebruik hulle? Ek is al so keelvol omrede die SAPD geen wapenvaardigheid doen nie. Dit is nie moontlik om die hele mag op een skietbaan te akkomodeer nie. Dit is net ‘n vraag.

Schalk ·

Philane jy lieg hoe is dit moontlik dat jy so vinnig tot die slotsom gekom het.Onder die ou regering was dit n teken van n coverup.Dan het n baie prominente minister altyd soos jy opgetree.Pasop ons is nie almal onnosel nie.Jy is n woordvoerder daarom word jy voorgesê.Glo jy alles wat hulle jou vertel.

Adel ·

Shoe maar dit is ñ slim man dat hy sommer alreeds weet dat haar moord met geen van die sake waaraan sy gewerk het, te doen het nie!!!!

So pateties hoe mense sommer net so afgemaai word…..

Sonneblom ·

Dis so tragies…sy was n awesome ondersoekbeampte en n awesome mens..my hart baie seer

Anoniem ·

Liewe Sonneblom, dit klink of jy haar persoonlik geken het. Ek het simpatie met jou – dis rêrig sleg om iemand op hierdie manier te verloor.

Ja swaer ·

Yolanda, watse spelletjies praat jy van? Speletjies dalk? Net vir die interessantheid, jy weet blykbaar net wat jou seun kwytraak. Ons ou polisiemanne se opleiding was baie baie harder en taaier en ons is deeglik skarebeheer geleer by Verdrag en Maleoskop. Vandag het polisie rekrute (in ons dae – blougatte) mos baie menseregte en as ‘n sersant op hulle skree, dien hulle klagtes in. So asb, haal jou koppie uit die wolke

Yolanda ·

Ja swaer, oo jinne tog natuurlik sal daar een of twee wees wat nie reg lees nie… Wat ek bedoel het by “speletjies” is almal dink dat saps lyf wegsteek. Ek praat ni presies van my seun nie. My lewensmaat is ook al baie jare in saps. Ek weet presies wat als behels. Natuurlik is my kop in die wolke. Net vir een van ons mense om in saps te kom is klaar op sy eie n prestasie… Onnodig om lelik te wees swaer, net try verduidelik dat hulle genoeg opleiding kry en dit stop ook nie daar nie. Jy weet dan mos.. Ek is een van die baie min mense wat saps nog respekteer en vertrou. Hkm my aanvat? Natuurlik sal jy meer weet as my seun jy kom dan uit die “ou dae” uit.. Dankie vir jou diens…

Rika ·

Vanoggend op ‘n radiostasie gehoor dis moontlik selfmoord….. Hoe in die lewe skiet jy jouself 2 keer? Ek weet darem nie of dit waar kan wees nie

TN ·

Sy het haarself in die kamer toegesluit en ‘n skoot afgevuur om seker te maak dat die pistool reg werk en haarself daarna geskiet __ nie baie moeilik nie , is dit ? Die deur moes van buite OOPGEBREEK word !

Kraaibakke ·

Ons kan bespiegel wat gebeur het ,dit is normaal en reg ,maar le die fout nie by respek vir wets toepassers en respek vir almal nie ,dis by die deur uitgegooi , my innige sympatie met haar familie en vriende mag hulle daardie niks nut gou kry.

Anniekie ·

Hoe kan dit selfdood wees as daar 2 skietwonde was en hoe weet hulle so vinnig haar dood was nie werksverband nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.