Valke ondersoek moord op voormalige Kaapstad-raadslid

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Kaapstad, het ʼn beroep op die publiek gedoen vir enige inligting in verband met die moord op Depoutche Elese, ʼn voormalige ANC-wyksraadslid.

Elese is Dinsdag noodlottig gewond toe hy saam met sy vrou huis toe bestuur het. Sy vrou is in haar regterskouer geskiet, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die motief vir die moord word ook ondersoek. Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Nel van die Valke te kontak by 071 481 3415.

Geloofwaardige inligting wat lei tot die suksesvolle vervolging van die skieters sal beloon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

tamboti ·

Nee wat dit is maar net gewone misdaad! Sommer alledaags en geen bymotiewe nie. Raak rustig die pot kook nog nie.

Michael ·

ja nee wat in hierdie land as jy nie van iemand hou maak hom net dood dit is mos niks nie jy sal in elk geval niks oor kom nie borgtog R500 drie tot vier jaar buite voor die saak voorkom meskien n klein vonnis kry want jy het mos net n moord gepleeg. Dit is nie meer n erenstige misdaad nie . Of hoe sien julle dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.