‘Valke ondersoek nie Pravin Gordhan’

Pravin Gordhan Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Dinsdag gesê mediaberigte dat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, ondersoek word, is van enige waarheid ontbloot.

“Verskeie mediaberigte voer aan dat die Valke minister Gordhan ondersoek in verband met die SAID-hoërisiko-ondersoekeenheid. Daar steek geen waarheid hierin nie. Daar is geen ondersoeke of klagtes teen minister Pravin Gordhan nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag het formeel drie persone aangekla – Ivan Pillay, Johann van Loggerenberg en Andries Janse van Rensburg – en hulle moet op 9 April 2018 in die Pretoria-streekshof verskyn op aanklag van korrupsie en oortreding van die Wet op die Onderskepping van Inligting en die Voorsiening van Kommunikasieverwante Inligting (Rica).

“Dit is nie waar dat die Valke minister Gordhan ondersoek nie. Dis ook nie waar dat enige beampte van die Valke die voormalige minister van polisie, Fikile Mbalula, in kennis gestel het van enige ondersoek teen minister Gordhan of enige inligting oor vordering of sogenaamde ‘bewyse’ aan hom verskaf het nie,” het Mulaudzi bygevoeg.

Hy het gesê die Valke is van mening dat die mediaberigte gedryf word deur ʼn persoonlike agenda. “Dit is ʼn absolute minagting van die waarheid en vervalsing van die feite.”

Volgens Mulaudzi sal die Valke lede van die media kontak waar dit moontlik is. “Ons is egter teleurgesteld dat ons by ʼn mite betrek word deur ʼn sekere deel van die media wat duidelik ten doel het om onwaarhede te versprei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

snoefie ·

begin die hele ou Pravin Gordan sirkus alweer. verlede jaar om en by die ryd het zuma ook alle rpberigte vann o dersoek ontken en toewors gordan in die donker ure ontslaan en uh, ja, dai ja, daai een in sy plek aangestel

Alida ·

Daar is niks om te ondersoek nie. Zuma wou hom weghe want hy was en is te eerlik.

Avra ·

Daar is n gesegde: jy slaap n dooie donkie. Los nou die man, hy het n groot gemors om uit te sorteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.