Valke ondersoek ploftoestelle in Verulam

Aanval by moskee in Verulam, KwaZulu-Natal (10 Mei 2018) Foto: ANA

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het ʼn tuisgemaakte ploftoestel in die Imam Hussein-moskee in Verulam, KwaZulu-Natal gevind.

Dit volg kort ná drie persone by die moskee aangeval is. Een van die mans het aan sy beserings beswyk.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê die ploftoestel is ʼn wapen wat gebruik word om brande mee te stig, dit word ook ʼn “brandbom” genoem.

“Die Valke en beamptes van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid ondersoek die saak. ʼn Saak van brandstigting met die doel om lewens te eis of eiendom te beskadig word by die bestaande saak van moord en poging tot moord gevoeg.”

Maroela Media het Sondag berig die moskee asook verskeie huise rondom die moskee moes om veiligheidsredes ontruim word nadat ‘n toestel, wat aan ʼn selfoon verbind was, gevind is. Die beamptes het bevestig dat dié toestel ʼn bom is. Die eenheid analiseer nog die toestel om presies te bepaal waarvan dit gemaak is.

Die motief vir die aanval by die moskee is nog nie bekend nie. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie.

Mhlongo het gesê meer inligting sal later bekend gemaak word.

Lees alle vorige berigte oor die Imam Hussain-moskee op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marous ·

Die mense wat die bom kry dra hom dadelik buite toe , maar die gespesialiseerde polisie eenheid neem 7 ure om dit te verwyder ? Dan neem dit dae om dit te identifiseer as ‘n brand toestel ? Waar is die mense opgelei … in ‘n kleuterskool se klei klas?

Alida ·

Hoe vertrou mens nou die Valke? Hulle is dan self skelm!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.