Valke ondersoek regeringsamptenaar vir R1,6 miljard se korrupsie

Corruption-translates-to-global-angerDie Valke het Vrydag bevestig dat hulle ‘n regeringsamptenaar ondersoek vir korrupsie van nagenoeg R1,6 miljard.

“Daar is geen amptelike klag op die oomblik nie, maar ons kan bevestig dat daar vir ‘n bevel aansoek gedoen is in die hooggeregshof. Die saak is voor die hof,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die korrupsie is glo tydens die beampte se ampstermyn gepleeg. Ramaloko wou egter nie die beampte of enige verdere besonderhede bekend maak nie.

Boy Ndala, woordvoerder van die spesiale-ondersoekeenheid (SOE), wou ook nie kommentaar lewer nie en sê die saak is sub judice.

Die Mail&Guardian het Vrydag berig dat Brian Hlongwa, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, by korrupsie, wat sedert 2006 terugdateer, betrek is.

Volgens die berig was die ANC ‘n begunstigde van die aksies en was Hlongwa, die ANC se hoofsweep in Gauteng, ‘n “kanaal vir omkoopgeld”.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het verskeie aansoeke in die hooggeregshof in Johannesburg gebring en versoek dat bevele uitgereik word vir die vries van bates sowel as sekere maatskappye.

Die NVG het glo in die hof aangevoer dat die bates die opbrengs van misdaad was. Die Valke en die SOE het ter ondersteuning duisende bladsye se bewyse ingedien rakende die beweerde korrupsie.

Een van die bewerings is dat R300 000 van die Gautengse departement van gesondheid na die ANC se 2009 verkiesingsveldtog herlei is. Die geld is na bewering gebruik om die politieke ambisies van sekere ANC-figure te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

se-net ·

Weet nie hoekom al die bohaai oor korrupsie nie! Daar gebeur nog niks met enige korrupte nie!!!!!

Peter Says ·

Vraag is,, hoe eerbaar is hierdie sogenaamde ondersoekers ???

Andre Kieser ·

Goeie Dag

Het jy dalk enige kontakbesonderhede van die Valke te Nelspruit, Mpumalanga wie ek kan kontak i.v.m stappe om as informant op te tree ….?!

Hoor graag van U

Baie dankie

Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.