Valke ondersoek Tuks-student se bazoeka-uitlating

Luvuyo Menziwa. Foto: Via Facebook

Luvuyo Menziwa. Foto: Via Facebook

Strafregtelike aanklagte is by die polisie aanhangig gemaak teen Luvuyo Menziwa, die geskorste lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet.

AfriForum Jeug se Tuks-tak het Dinsdag Menziwa by die Brooklyn-polisie gaan verkla van intimidasie, aanhitsing van geweld en crimen injuria.

Dit volg nadat Menziwa na bewering op Facebook ʼn lys van redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat. Die redes is onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

Menziwa is intussen ook Dinsdag, ná druk van die jeugorganisasie op die universiteitbestuur, van die studenteraad geskors hangend die uitkoms van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die Brooklyn-polisiestasie, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat ʼn saak teen Menziwa aanhangig gemaak is. “Die saak is deur die Valke oorgeneem vir verdere ondersoek. Die dossier sal ook na die hof gestuur word vir verdere beslissing,” het Weilbach gesê.

“AfriForum Jeug verwelkom die studenteraad se vinnige optrede en sien uit na konsekwente optrede teen rassisme in die toekoms,” het Henrico Barnard, woordvoeder van AfriForum Jeug se Tuks-tak, gesê.

Volgens Barnard het die UP-bestuur onderneem om AfriForum Jeug binne 24 uur verder in te lig oor Menziwa se dissiplinêre proses en moontlike skorsing deur die universiteit.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die universiteit, het Menziwa se skorsing van die studenteraad aan Maroela Media bevestig. “Mnr. Menziwa, finansiële beampte van studies, is in terme van die studenteraad se interne gedragskode geskors. ʼn Dringende ondersoek is ook deur die universiteit van stapel gestuur in terme van sy eie gedragskode,” het sy gesê.

Bouwer het gesê haatspraak en aanhitsing sal nie by die universiteit geduld word nie.

Volgens Jaco Grobbelaar, kampuskoördineerder van AfriForum Jeug se Tuks-tak, is dié voorval nie die eerste van sy soort by Tuks nie. “Hoewel AfriForum Jeug verheug is om te sien dat die universiteit spoedig opgetree het, sal ons aanhou om druk te plaas op die bestuur om te verseker dat Menziwa aanspreeklik gehou word vir sy optrede,” het hy gesê.

'n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

‘n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

nico ·

Hou ons asb. op hoogte van die saak. Wil graag weet wat tot op einde gaan gebeur.

Chris ·

Ek hoop hulle verklaar hom ook onbevoeg om n wetige vuurwapen te besit, tot die wederkoms

Jakes ·

Sien op elke foto die meneer dra sy vlooimark krale om die nek…?
Oefenlopie tot kanseliers of burgermeestersketting…?

SNEL ·

Daai Ankh kruis om sy nek het n Egiptiese afkoms, beteken “eternal life”, moet asseblief nie dink dit het iets met christenskap te doen nie.
Snaaks dat die wat nie eers deel van apartheid was nie altyd die hardste geraas maak en so haat in hulle het nie.

Vytjie ·

Hy het op fb gesê… niks kan dit verander nie.. niks kan die haat uit hom haal nie. Die skorsing ens. Gaan dit vererger. Waar bring al die goed ons? Ons mensdom, welke kleur of wat ook al, soek geregtigheid. Ons sit en wag vir vergelding soos bloedhonde… waar gaan dit stop? Dalk moet ons n ander benadering tot als begin volg. Die haat ens. Versag. Ons mors kosbare tyd en geld. Hoekom begin ons nie met n vergewensgesindheid.. n sagte benadering.. een wat liewer opvoed as vergeld..

Tokkie ·

Vytjie jy sê dan self die volgende: hy sê NIKS gaan sy haat verander nie. So wat stel jy voor as ‘n persoon onopvoedbaar is en nie wil verander nie? Dat ons maar net moet hensop en sê skiet maar dood en gaan jy voor in die ry staan?

Cherokee ·

Ag hou tog op met die ‘haat’stories. Julle vertel stories wat hulle later sal glo as julle so aangaan. Dit is nie haat nie want hy weet niks van apartheidsjare nie. Dit is opsweping waarvoor hulle uiters vatbaar is en pogings om indruk te maak op enersdenkendes.

Eiland boer ·

Vytjie,
Piet Retief het ook die “Sagte benadering” probeer… daar is ‘n tyd vir vrede en ‘n tyd vir oorlog, ons oorlog het begin toe 10000 zulus, amper al die Trekkers vermoor het op die mees wreedste manier (wie onthou nog die binnekant van die Voortrekker Monument) van daar het niks verander nie, die name verander net oor dekades, Dingaan, Hani, Mandela, Zuma ens. maar die wreedaardige moord op ons volk bly die selfde… die beste sal wees om nou ‘n Laar te begin trek, ons volk moet begin saam kom en ons reg op selfbeskikking eis, met protes en wetgewing soos deur die VN alreeds gewettig is. Niks het van 1810 verander nie…hoekom sal dit nou? dink jou self in; ons eie buurstaat; ons eie wette, ons eie kultuur en Godsdiens, as ons dit nie gou doen nie, gaan daar een hengse rasse oorlog volg…

m ·

Lekker Jakes. Skerp hoor!! ja shame die arme ou soek aandag en nou het hy meer gekry as wat hy kan hanteer…….

Izzy ·

Dankie aan Afriforum dat daar wel nog instansies is wat opstaan teen sulke blatante rassisme. Luvuyo is geskors van die studenteraad (waarvoor daar soveel dank is). Wat van sy studies? Is hy nog op die kampus en gaan hy nog na lesings-lokale ens toe?

Laurika ·

Jy kan steeds nie spel nie en is al op universiteit. Jy maak my nie bang nie.

Willie ·

Hy is n skande vir die land! Skors hom uit die universiteit, met onmiddelikke effek! Dis snaaks hoe die wittes moet let op elke woordjie, ook sommer donker pers verf moet verhoed? R150 000 boete? Is dit vanpas?

M'Lady ·

Waar is die DA en VF+ ? Tjoepstil. Sluit by AfriForum en Solidariteit aan. Die fooie per maand is nie baie nie. Hulle is ons enigste hoop.

Pietman ·

Baie goeie vraag want ek weet vir ‘n feit as dit kom by wit op swart rassisme was die DA nou al in die media.

Nou-toe-nou ·

Ek het gister die DA gekontak om te hoor wanneer spreek hul hul uit teen die knaap se rassistiese uitlatings. Die raadslid het gesê hy weet niks daarvan nie. Seker te besig gewees om haarreëls vir skoolmeisies te skryf.

Alida ·

Ag kom tog by asb. Die Universiteit hanteer die saak. Wat het die politieke partye nou daarmee te doen? Weet 10/1 nie eers van die voorval nie.

Piet Pompies ·

Mnr Luvuyo, my vel is wit, so ook my vrou en kinders, ons gesin werk hard aan ons eie doelwitte en is trots op ons sukses. Ek kyk nie na mense langs my of agter my om my toekoms te bepaal, wat hulle doen is hulle keuse. Dit wil vir my voorkom of jy sukkel met jou toekomsplanne omdat jy nie fokus op jou planne en nou wil jy jou foute verberg deur ander mense se sukses te gebruik as iets wat jou onderdruk. O ja, ek is hier om te bly, met of sonder jou dreigamente. Ek is ook seker met hierdie uitlatings van jou gaan jy ‘n baie duur prys betaal.

Rupert Ashford ·

So hartseer dat die boere nou ook tot hierdie lae vlak moet daal van “taking offense” maar nouja soos hulle se “if you can’t beat them join them” ne… Presedent is mos lankal geskep… Maar op die einde is dit vryheid van spraak wat slae kry en ons is almal verloorders.

Basson ·

Stem saam, ek is al vreeslike dinge en dreigemente toegesnou, maar omrede ek gemaklik is in my eie vel het dit my nog nooit gepla nie :) LW ‘Vel’ nie verwysing na ras.

Elize vd Berg ·

ek sien hy praat van “white previllage”;sou dit nou wees toe die wiites nog almal op plase gebly het? :)

Pottie ·

Dis goeie nuus. Dis tyd dat mense sien die skien is aan die verkeerde voet. Blankes het tot dusver vir baie lank die “sagte benadering” gevolg en die ander wang gedraai. Die grondwet sluit ALLE bevolkingsgroepe in nie nét sekere bevoordeelde mense nie. Wat vir Penny Sparrow geld, geld ook vir menziwa. St het nie eens moord gepropageer nie en is in die openbaar verguis en word steeds vervolg. Doen ook dieselfde met mense van ander kulture wat haatspraak uiter en geweld aanhits.

Hunter ·

Sy woorde was die selle woorde van malema hulle moet malema aan tree die probleem het by hom begin hy hits die eff volgelinge en die res van di klomp aan van die begin af besides niemand het die land gesteel by enige iemand af nie as ek reg kan onthou het die boere kontrak geteken vir grond by di zulus want daar na boer vroue en kinders en man vermoor het vir di grond en dit gaan tot vandag toe nog so aan. Wens ons kon almal op pak en in n bos gaan bly net onder mekaar vir mekaar boer en sorg en onderwys gee aan mekaar se kinder en dan die res van die land op hulle eie los en sien waar eindig hulle op

SNEL ·

Kruis het niks met God of Christendom te doen nie. Ankh kruis wat sy oorsprong uit Egipte het om “eternal life” aan te dui.

Irene ·

Ons is moeg vir die woord Ras mense moet asb aan beweeg ib SA

vytjie ·

Ek stem saam. As ons ook nou al raak soos die anc, eff ens. en elke ding aanvat en tyd daarop mors, sal ons nooit aanbeweeg nie…. Ons makeer die pas. Wil daarmee sê, ons beweeg nie vorentoe nie…

Rachel ·

Los hom. Die Here weet wat om met hom te maak. Ons is almal, ALMAL Sy kinders.

Vytjie ·

Ek ken die geskiedenis. Ek ken die moord en doodslag van toe en nou. Op die boere ens. Ek besef dat daar altyd maar ‘n oorlog sal dreig. Ek gee nie om wat iemand my noem nie, wat hulle van my sê nie, of hulle strate se name verander of monumente met verf gooi ens. nie. As iemand jou wil seermaak, druk hulle net die regte knoppie. So moet nie knoppies beskikbaarstel op gedruk te word nie. As iemand sien hy kan jou deur niks seermaak nie, gaan hy aanhou? Almal van ons is net tydelik op die aarde. Hoe wil ons ons tyd spandeer? Hofsake, ander se lewens sleg te maak, skinder, mekaar kritiseer ens. Hoeveel ure/dae moet aan die persoon afgestaan word oor haat wat in hom gaan aanhou gloei en dalk nou vererger gaan word. Niks kom goed uit haat met haat te vergeld nie.

Theresa B ·

Nou sê hy gisteraand dat sy uitlating nie ernstig opgeneem moet word nie. Regtig!! Jy onderskat die mensdom se intelligensie. Jy het drooggemaak en nou probeer jy dit regverdig. Klap hom ook met die Hof en stop sy studies. Laat hy gaan. Net soos die ander wat ook uitlatings op sosiale media gemaak het. Almal moet oor die selfde kam geskeer word!!!

Melanie ·

Net my opinie,solank as wat hulle vertel word ons blankes was bevoorreg in die apartheisd jare sal niks verander.Ons moet ok gedurig hoor/lees in die media ons het hulle land gesteel,ons het hulle onderdruk,hoe kan mens ‘n goeie gesonde reenboog nasie bou as daar nie verby die “apartheid”stigma beweeg kan word nie.

Outop ·

Melanie, daar bestaan nie so iets soos ‘n “reenboognasie nie. Daar is nie wit, swart of bruin kleure in ‘n reenboog nie

Carel ·

Ons sien ‘n sterk tendens dat die jonger generasie wie gladnie deel van apartheid was nie en apartheid baie erger sien as wat dit was. Soos dit oorgedra word, word baie stertjies aangelas en die jonges vreet dit op vir soetkoek, vandaar die haat. Kyk maar na TV programme wat gaan oor ons land se geskiedenis hoe dit uitgebeeld word. Dis hier waar dit gestop moet word, hierdie programme moet in geheel verban word want dit word gebruik om mense op te stook.

Spikkel ·

Hy gaan se hy is verkeerd aangehaal of verkeerd verstaan. Hy sal mos nou nooit so iets regtig doen nie. HY moet maar ‘n paar honderd duisend rand aan ‘n wit welsynsorganisasie betaal. Die Penny Sparrow saak het mos nou die hoeksteen gele

peter ·

Ek gee regtig nie om wat hy bedoel het nie. Die kwaad is gedoen. Duidelik het hy vriende wat aan hom die wapens sou voorsine het om die daad te pleeg. Die Valke moet sommer uitvind waar hulle is en dit ook opvolg. Dit is aanhitsing na volksmoord!

Johan ·

Elize….vanoggend op 702…praat hulle weer oor die hare en rassime storie….toe die aanbieder Koketso Sachane vir in persoon wat inbel sê ” white previllage” is iets wat alle wit mense het….as jy nou wit is en arm is jy ook privileged oor jou vel kleur……dit maak nie saak of jy hardwerk vir jou geld………en nie eens in die apartheid era gebore was nie jy is privileged ……..dis die idee wat nou geskep word onder swartmense…..wit is privileged en swart is nie……was n groot debat toe daaroor…… die punt is ons gaan nie n nie rassige samelewing hê as die houding teenoor wit mense nie stop nie….. en ook van wit teenoor swart nie……..so afrijeug vat dit so ver as julle kan…..dis nou genoeg dat wit mense hulle monde hou of polities korrek moet wees……dis net swak dat engelse witmense nie opstaan vir hulle regte soos die afrikaanse witmense nie…

SNEL ·

Kruis het niks met God of Christendom te doen nie, is n Egiptiese kruis om “eternal life” aan te dui.

Willem ·

Het hom gisteraand op TV nuus ook gesien. Ek is geskok dat iemand op universiteit sulke swak engels kan praat! Plaas hy hom bepaal by sy studies en ‘n produktiewe lid van ons samelewing word. Maar sy 15 minute van roem is seker belangriker.

SJ ·

dan praat hy nog!! wonder wie het haat gedagtes!!!! die demone binne hom wat anhits!!! om die goed te se en te wil doen!!! hy het regtig hulp nodig!!!

HEVW ·

Die man heel duidelik geen logika nie. Wonder hoe beland hy op die studenteraad. En nou as haat met sy haat en voornemens beantwoord word waar beland ons dan.? Geen besef van die grusame gevolge wat hy aanblaas nie

Griet ·

As hy ander mense van “meerderwaardigheid” beskuldig, dui dit dan daarop dat hy MINDERWAARDIG voel? Shame, wonder hoekom? “Nobody can make you feel inferior without your concent” – Helen Keller

Albert Marais ·

Die arme drommel weet nie wat is die verskil tussen “Whites” en “White people” nie
Kan iemand help??

Stephan ·

Dis rerig tyd dat die tipe mense uit ons samelewing gehaal word, dis van die een rasse storie na die volgende, en al waarop dit neerkom is selfbejammering.
Dis ook tyd dat die tipe mense besef dat hulle tyd mors op om vinger te wys na ‘whites’ waar hulle iets beters met hulle tyd kon doen, as om jammer en ingedoen voel oor hulle self.
Catch a wake up, dis nie die ‘whites’ wat die rasse probleme het nie, dis julle wat dit vir julle self moeilik maak met aantuigings wat julle in die sop drop.
Dit wil begin voorkom asof hulle dink hulle gaan movie stars word as hulle die rasse kaart speel, julle is nie, glad nie, julle maak julle naam g@t en die wit mense lag vir julle en julle eenvoudigheid en one track minds.
Skrik nou wakker en besef dat die ‘Whites’ meer vir julle doen en beteken as jou eie mense wat net aan homself dink, en nie die mense om hom nie.
so bring maar jou bazooka en AK en begin dan maar skiet.
Ek hoop iemand anders loop jou in die straat raak, want as ek dit doen gaan dit ‘n aaklige dag wees vir jou en jou demons.

Georgie ·

Ek het in my kort lewe nog NOOIT n blanke Suid-Afrikaner sulke goed hoor sê v swart mense nie. Daar is sekerlik blankes wat haat en om die braaivleisvure dinge kwytraak maar wraggies, om op FB of Twitter sulke dinge uit te basuin. Ek vee dit voor die deur v Julius…

Mossie ·

Ek is wit en God het my so geskape KOM TRAAI MY VAAK SEUN EKVWAG VIR JOU

Dan ·

Vreemd dat die MRK nie onmiddelik stappe geneem het teen Menziwa soos hul altyd doen wanneer daar sogenaamde wit rassisme is nie. Wys net weereens dat die MRK blankes teiken en niks uit eie beweging aan anderskleuriges doen nie. Demokrasie??

snoefie ·

was hy n wie student was hy nie net uit die raad geskop nie maar uit die universiteite en koshuis.

Mr B ·

Hy is n onderwys student!! Dink hoe hy die leerders gaan beinvloed !!

At Kruger ·

Daar moet net opgetree word soos in die geval van wit studente wat geskors word as hulle hare kleur, Haarstyle geniet ook meer aandag in die pers as hierdie rassistiese geval. Hy behoort geskors te word soos in ander gevalle wat met wit studente gebeur het.

Caja ·

Arme pateet!!! Hy maak sy naam so GAT dis net nie waar nie! Hy is ‘n verleentheid vir sy eie nasie maar nou ja, hy kyk duidelik af by sy Oom Zuma. Hehehe! Hy is die tipe wat weghardloop as die eerste skoot klap en ek wed julle hy weet nie eers hoe ‘n bazooka of AK 74 werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.