Valke ondersoek verkoop van amnestie-vuurwapens

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke ondersoek die moontlike verkoop van vuurwapens wat tydens die amnestietydperk by die polisie ingehandig is.

Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê ondersoek sal eerste op Gauteng fokus. Die ondersoek kom nadat drie mense by ‘n huis in Norwood, Johannesburg in hegtenis geneem nadat die polisie op aanvalsgewere, talle handwapens, kommersiële ploftoestelle en ontstekers beslag gelê het.

Talita Louw, staatsaanklaer, het tydens die drie verdagtes se borgaansoek in die Johannesburgse landdroshof gesê dat van die vuurwapens waarop beslag gelê is aan die polisie oorhandig is vir vernietiging gedurende die amnestietydperk. Louw het gesê van die vuurwapens is glo deur korrupte polisiebeamptes verkoop.

Gun Free SA het die polisie gekritiseer. “Toe mense hulle vuurwapens gedurende die amnestietydperk aan die polisie oorhandig het, het hulle die polisie vertrou om dit te vernietig,” het Alan Storey, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Die publiek het hul deel gedoen. Hulle het hul gewere aan die polisie oorhandig vir vernietiging. Die feit dat sommige van hierdie wapens in ‘n onwettige wapenvonds gevind is maak ‘n bespotting van Suid-Afrika se openbare verbintenis tot veiligheid en sekuriteit deur die vernietiging van voorrade van wapens.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag ʼn versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, gerig om te vra vir alle vuurwapenregisters sedert 2009 se amnestietydperk om presies te bepaal hoeveel wapens sedert 2009 tot op datum vernietig is.

AfriForum het ook versoek dat dit openbaar gemaak word hoeveel wapens in die polisie se besit is wat nog vernietig moet word, plus hoeveel wapens tydens die amnestietydperk deur die polisie verloor is. Die kommissaris het tot Woensdag, 11 Junie om te reageer.

“Volgens navorsers by die Instituut vir Sekerheidstudies het georganiseerde misdaad in Suid-Afrika sedert die negentigerjare die hoogte ingeskiet, en nou het polisiebetrokkenheid daarby ook ʼn faktor geword. Ons wil hê hierdie saak moet vinnig en deeglik ondersoek word,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenslapsveiligheid, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

alet ·

Die Blankes is gedwing om hulle vuurwapens intehandig hoeveel van die ander het dit gedoen.Kry asb vir ons die hoofbrein sodat ons as volk kan sien wie is korup .dis seker ook uit voorige bedeeling of rasisme.

HEVW ·

Dwase optrede. Om te reken die vuurwapens was in veilige besit en dit is goedertrou aan gewetenloses in diens van die staat oorhandig om verantwoordelike burgers van die land te vermoor.Die huidige situasie in ons land is n masale tragedie totaal in stryd met die skeppingsorde.

Anoniem ·

Wat anders kan jy verwag van mense wat onbevoeg is om land te regeer.

Van eers ‘n vooruitstrewende land na ‘n piesang republiek in ‘n paar jaar. As die meeste
van die regerings leiers korrup is hoe sal die ander dan wees wat die opdragte ontvang?

Slegs God kan die land red. Bid aan mekaar.

LvR ·

Ek as vrou, het ook my oorlede man se vuurwapen ingegee. Ek het nie kans gesien vir die beslommernis met die nuwe wetgewing oor lisensies nie. Nodeloos om te sê, ek is nou, BITTER BITTER spyt daaroor. Sy wapen is ook seker reeds ingebruik onder die kriminele en deur polisie verkoop. As ek dit geweet het, sou ek liewers die kans gevat het om self die vuurwapen te hou.
Amnestie se M**R. Skelm honde !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.