Dit kom nadat mediaberigte verlede week beweer het dat Gordhan onder kruisverhoor geneem is oor onwettige bedrywighede van ʼn sogenaamde “rogue unit” in die SAID wat glo op die been gebring is toe Gordhan SAID-kommissaris was.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het die berigte veroordeel en gesê die “debakel” word deur die media opgeblaas en buite konteks geplaas. “Ons het nog altyd gesê die Valke doen nie ons ondersoeke deur die media nie. Dit is nie in belang van geregtigheid wanneer sake buite konteks geplaas word en ongegronde inligting gepubliseer word nie,” het hy gesê.
Mulaudzi het bevestig dat daar wel ʼn ondersoek na die “rogue unit” gedoen word, maar het gesê Gordhan word nie persoonlik ondersoek nie. “Mnr. Gordhan was die kommissaris van die SAID in die tyd toe die geheime eenheid na bewering op die been gebring is. As deel van ons deeglike ondersoek na die bedrywighede van die eenheid het ons duidelikheid nodig gehad en mnr. Gordhan, wat destyds aan die stuur van sake was, was die regte persoon om mee te praat. Daarom het ons vir hom ʼn paar vrae gestuur om te antwoord,” het hy gesê.
Mulaudzi het joernaliste en redakteurs aangemoedig om die Valke “se werk te respekteer” en nie ongegronde inligting te publiseer nie. “Geen verdere kommentaar sal oor die saak gelewer word nie,” het hy gesê.
Waar ‘n rokie trek brand daar ‘n vuurtjie
Sê ek ok Piet
Dit lyk vir my die Valke begin nou water trap. Hulle het meer afgebyt as wat hulle kon kou toe hulle vir Gordhan aangevat het.
Dit klink vir my na ‘n ondersoek! !!
Die Valke ontken gerugte, Barclays ontken gerugte, wie glo jy? Wag en sien wat gebeur is die wet van die ou Transvaal!
Snaaks dat die media,publiek en Gordhan die skrywe in dieselfde lig sien en die valke sien dit heel onskuldig en bestempel dit as inligting inwin.
Die regering en sy kaders dink ons is onnosel.
Klink weer vir my alte veel of hulle opdrag gekry het om die wêreld vir hom moeilik te maak sodat hy moet bedank. Geen nuwe taktiek nie, ook die Broederbond se manier van doen .