Valke ontvang dagvaarding vir hoë

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Argieffoto: Twitter)

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het ʼn dagvaarding ontvang vir die hoof van ʼn instansie wat opgerig is kragtens hoofstuk 9 van die Grondwet.

“Die dagvaarding is aan die ampsbekleër beteken en die persoon sal na verwagting op 21 Januarie 2021 in die Pretoriase landdroshof verskyn,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Die dagvaarding bevat drie klagtes van meineed.”

Mogale het gesê die Valke sal in hierdie stadium nie enige verdere inligting oor die saak bekendmaak totdat die persoon in die hof verskyn het nie.

Die openbare beskermer is ʼn hoofstuk 9-instansie. Daar is vroeër berig Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, kan in hegtenis geneem word op aanklag van meineed. Sy sou na verwagting verlede week ʼn verklaring as waarskuwing by die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg ingedien het. Dié verklaring sou glo as ʼn skulderkenning dien in ʼn komplot om haar in hegtenis te neem voor sy ʼn verslag indien waar Ramaphosa ondersoek word omdat hy die ANC se omstrede reis na Zimbabwe op ʼn straler van die lugmag goedgekeur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Eltan ·

Uhahaha…so voorspelbaar….en net n paar dae gelede word dit ten sterkste ontken…lie lie, lie and deny…
Weet julle watse grap julle vir die res van die wereld is…

Persheks Adri ·

Het julle gesê hulle ontken te vinnig hier trek ‘n rokie en gou ook! Skande vir die land wat hulle so af breek en plunder

Stefan ·

Hierdie meineed ding moet baaaie strenger opgevolg word deur die regstelsel.
Die beskuldigdes lieg onder eed en kom later niks oor nie, dit wil amper lyk of dit aanvaarbaar is om jouself so uit ‘n vonnis uit te lieg.

Jr ·

Die mees suksesvolste advokaat. As dit volgens SAKE VERLORE gaan.

Tanniepetoors ·

So deurmekaar soos rotte in ‘n verekombers.
Sy is in elk geval geensins ‘n waardige opvolger vir Thuli Madonsela nie. Ook maar deurmekaar.

Eddie ·

Ek glo daar is steeds kandidate van gehalte en integriteit soos die van Thuli Madonsela wat vir die pos oorweeg kan word ! Keuring en nogmaals keuring , volgens meriete , is uiters noodsaaklik en kader ontplooiing moet soos ‘n pes vermy word !!

Hennie J ·

Wat n opperste skande dat die person wat daargestel is om my belange te beskerm nou aangekla word van meineed. Hierdie is n ernstige klagte en misdryf en vir n toegelate advokaat of prokureer om selfs net daarvan beskuldig te word is n skande en aanduiding dat daar n gebrek aan integriteit is. Ek spreek die vertroue uit dat die saak tot sy einde vervolg sal word en dat n skuldigbevinding tot tronkstraf sal lei.

Frederik C ·

Wel, sy’s nie heeltemal verkeerd nie. Ramaphosa het erken dat hy die vlug goedgekeur het en het boonop gelieg dat dit ‘n amptelike vlug was vir Nquakula.

Leon ·

Kan ek sê dat daar nou aan n katnes gekrap word waaar al die katte nog nie sigbaar is nie. Miskien is selfs die no 1 GROOT KAT daar?

Casper ·

Ingevolge judge’s rules of regtersreëls het sy die reg om te swyg en is sy nie verplig on ‘n waarskuwingsverklaring at te lê nie.Ek sou daai reg uitgeoefen het as ek sy was want daai verklarin kan en sal teen haar gebruik word in die hof

JohanR ·

Die openbare beskermer in die tronk……geniet nou my vakansie dag nog meer! Maar dan het Cyril ook gelieg oor die Zimbabwe vlug. Wat gaan met hom gebeur?

JM ·

En dan praat die regering van integriteit! Eintlik behoort die integriteitskommissie ontbind te word, want hulle weet nie wat dit beteken nie. Die hele spul lieg soos tandetrekkers en dink niks daarvan nie.

Elize ·

Hierdie vrou het net die belastingbetaler se geld gemors hierdie laaste paar jaar. onbvevoeg vir haar pos van dag 1 af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.