Valke reageer oor bewerings van ‘porno-beampte’

Argieffoto

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) sê hy neem kennis van ʼn berig op News24 wat verband hou met die aanstelling van die provinsiale hoof in Noordwes.

News24 het berig genl.maj. Dimisani (Patrick) Mbotho, wat as provinsiale hoof van die Valke in Noordwes aangestel is, het pornografiese materiaal aan speurders gestuur en hy is ook in die geselskap gesien van ʼn berugte Kaapse figuur.

“Die pos is geadverteer en verskeie aansoekers het hul belangstelling getoon in die amp,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê. “Genl.maj. Mbotho, een van die aansoekers, het reeds dieselfde rang gehad in die speurafdeling by die hoofkantoor. Hy is op ʼn kortlys geplaas, daar is onderhoude met hom gevoer en hy het deur die assesseringsproses beweeg. Sy agtergrond is noukeurig nagegaan, insluitend enige strafregtelike of departementele ondersoeke. Daar was nie enige ondersoeke teen hom nie.”

Mulaudzi het bygevoeg die SAPD het reeds stappe gedoen teen Mbotho oor die Wes-Kaapse voorval. “Hy het ʼn geldige topsekuriteitsklaring. Sy aanstelling is verlede maand in die kabinet goedgekeur saam met genl.maj. Kubandran Moodley in die Vrystaat. Hul aanstellings was effektief vanaf 1 Desember 2018.”

Hy het gesê as daar enige ondersoek is wat nog nie by die owerhede aangemeld is nie, moet die proses onverhinderd voortgaan. “As daar enige prima facie oortreding is, sal ons nie huiwer om die nodige stappe te doen nie.”

Volgens News24 het Mbotho, voormalige adjunk- provinsiale kommissaris van speurders in die Wes-Kaap, op 13 Julie 2017 twee grafies eksplisiete WhatsApp-boodskappe met sy amptelike selfoon aan ʼn amptelike groep gestuur. Mbotho het in daardie stadium gesê hy het “gewens ʼn gat sluk hom in net ná hy besef het hy het die boodskappe gestuur”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Dit is vir die rede wat WhatsApp die delete for all funksie i gebring het. Leer om dit te gebruik. Vandag iemand gehad wat op ‘n verkeerde groep gesit het: ek bring sop en brood.

sus ·

Ja en so sal die korruptes aangestel word maar die eerlikes (waarvan weinig oor is) sal in hul poste stagneer …

Sarel ·

Ag, as die beampte tog net bekwaam is en n verandering in die NW teweeg bring en nie maar voortploeter soos wat die tendens tans is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.