Valke red 24 kinders uit ‘smokkelaars’ se kloue

mensehandelDie Valke in Limpopo het toegeslaan op twee taxibestuurders wat daarvan verdink word dat hulle probeer het om mense van Zimbabwe na Suid-Afrika te smokkel.

Twee taxi’s is onderskep nadat die Valke inligting ontvang het dat daar gepoog word om tien volwassenes en 24 minderjariges die land in te bring.

Volgens brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die twee verdagtes naby Makhado vasgetrek. “Hulle is onderskeidelik 27 en 52 jaar oud,” het hy gesê.

Die minderjariges is na ʼn plek van veiligheid in Polokwane geneem. “Die tien volwassenes se status in die land word deur owerhede nagegaan,” het Mulaudzi gesê.

Die twee verdagtes sal na verwagting Maandag in die Sekgosese-landroshof verskyn op aanklagte van mensehandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rietrot ·

Is dit nie die mense self wat instem om hierheen te kom nie. Daar is niks vir hulle in hul eie land nie. Hier klop iets nie vir my nie. Ek kan verkeerd wees.

susan ·

Rietrot jy is honderd persent reg. Hier gaan elke kindjie sommer n toelagie kry. Dis nie mensehandel. Dis die land van melk en heuning mits jou kleur reg is. (Oeps! Nou gaan maroela nie my kommentaar plaas)

Flippie ·

Sê dankie vir die Valke. Hulle het waarskynlik verhoed dat opgeleide terroriste teen witmense ontplooi word – dood soos o.a. in plaasaanvalle en huisaanvalle.

As hulle nou die ouens gaan deporteer gaan daar weer ‘n paar valke se koppe waai.

Rietrot ·

Ja, ek is bly die Valke het dit gekeer vir hulle sowel as vi r ons .Die mensdom is siek verby.

talitha ·

As mens lees oor hoe erg mensehandel nou is, kan hierdie mense ook as seksslawe of net slawe verkoop word. Handel in organe deur toordokters bestaan ook. So dis nie so seker wat die doel met die mense was nie. Ons almal raai maar.

Dee ·

Ag kaf (net soos wat Maroela praat). Dit is geensins ‘mensehandel’ wàt dit ookal mag beteken. Dit is bloot onwettige immigrasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.