Valke red vrou van ‘mensehandelaars’

Argieffoto

ʼn 22-jarige vrou is Sondag met haar gesin in King William’s Town in die Oos-Kaap herenig nadat sy van beweerde mensehandelaars in Gauteng gered is.

“Die jong vrou, ʼn gekwalifiseerde skoonheidsterapeut, het ʼn advertensie op die internet gesien van ʼn werksaanbod vir ʼn skoonheidsterapeut by ʼn skoonheidsalon in ʼn ander land,” het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê. “Sy het aansoek gedoen vir die pos en is dadelik versoek om van Oos-Londen na Gauteng te reis. Met haar aankoms het hulle haar in kennis gestel dat sy Dinsdag na die betrokke Afrika-land sou reis.”

Volgens Feni het die ma alarm gemaak toe sy agterdogtig geword het oor die hele reis. “Daar is bevind dat ʼn werkspermit nie uitgereik is nie, en dat die dogter die land slegs vir een maand sou kon besoek, maar volgens die voornemende werkgewer sou sy ses maande lank in dié land werk. Sy het die Valke in Oos-Londen gekontak wat op hul beurt Interpol in kennis gestel het om die wettigheid van die skoonheidsalon te ondersoek.”

Die ondersoek het aan die lig gebring dat die skoonheidsalon eintlik ʼn restaurant is. “Die taakspan het na Johannesburg gereis en die slagoffer is by OR Tambo Internasionale Lughawe gered net voor sy op die vliegtuig sou klim,” het Feni bygevoeg.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wakker ·

Wakker ma!! Was haar dokumente vervals? Ek reken hier is nog ander betrokke by die maklike reiskaartjie.

Anette de souza dias ·

Baie oplettende ma. Ek haal my hoed af vir haar. So bly sy kon haar kind red.

Wonder net ·

Hoekom word die land waarheen sy sou reis nie genoem nie?

WP ·

Dit sal waardeer word as die ma haar storie kan vertel….dit sal ander help.

Dankie Valke.

Sune van Heerden ·

Dagsê Susan

Ons vra groot om verskoning vir die flater. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

susan ·

Nee sy sou nie vir haar ma luister nie, my seun van 25 sal my raad volg, maar dogter van 21 sal juis haar eie kop volg. Ek mag dit sê maar persoonlik dink ek ons vroulike spesie maak die wêreld vir ons self baie deurmekaar veral wanneer ons jonk is.

Hannetjie Gerber ·

Ek stem saam wakker ma!!!
Wat van die studente wat oorsee gaanskoolhou?
Find Your Perfect Tutor
Search 1000s of screened tutors around South Africa
University of Chicago]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.