Valke sal Guptas, Zuma se seun ondersoek

Atul Gupta (Argieffoto)

Atul Gupta (Argieffoto)

Die Valke het Donderdag bevestig dat hy aanklagte van korrupsie teen lede van die omstrede Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal ondersoek.

Maj. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee klagtes wat deur die DA aanhangig gemaak is, sal “sonder vrees of vooroordeel” ondersoek word.

David Maynier, die DA se skaduminister van finansies, het verlede week die aanklagte teen Atul Gupta, Ajay Gupta en Duduzane gelê. Dit volg nadat Mcebisi Jonas, die adjunkminister van finansies, beweer het dat die Gupta-familie hom die pos van minister van finansies aangebied het in ruil vir sekere voorwaardes. Jonas beweer dat hy die aanbod van die hand gewys het.

Volgens die DA het Duduzane noue bande met die Gupta-familie en doen gereeld sake met hulle. Die Gupta-familie is al verskeie kere van bedrog beskuldig.

“Die bewerings deur Jonas is baie ernstig en kom neer op prima facie-bewyse van korrupsie wat by die SAPD aangemeld moet word en nie by die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, nie wat duidelik net probeer om ‘Zuptagate’ polities te bestuur,” het Maynier gesê.

Netshiunda het Donderdag ʼn beroep op die publiek en die media gedoen om die Valke die geleentheid te gee om die korrupsiebewerings te ondersoek. “Geen verdere kommentaar sal oor die saak gelewer word nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ja net soos wat die polisie diens Nkandla ondersoek het ne. ‘n Mors van geld daar sal niks van kom nie.

karien ·

Dieselfde mense wat in opdag van Zuma Pravin Gordan nou so verpes?

Eben Kitching ·

Ek kry die arme valke jammer wat die saak ondersoek. Hulle sal binnekort afgedank word of die valke sal tot niet verklaar word. Kyk wat het gebeur met Gerrie Nel en en Johan Booysen en kie. Hulle word geskors as hulle te veel weet en hulle werk reg doen.

HvdW ·

Het Zuma dan nie self die hoof van die Valke destyds aangestel nie?

Liza ·

Freaking belaglig, en ons betaal en betaal en betaal…. wet van Transvaal….

Johann Marx ·

Ek verstaan nie die bohaai wat nou aangaan nie? Ons president, en verskeie van sy Ministers, is die beste wat geld kan koop? Hoekom is niemand tevrede met die transaksie nie?

Zumie ·

Ai boetie, gaan loop soek daar onder daardie hoop R100 note , “knip oog”, en dan onder daardie ou hopie R50 note “knipoog” en dan moet jy seker maak dat die dossier nie wegraak in daai hoek met die R200 note nie…. “knip knip” … Ai dit moet erg wees om sulke sake te ondersoek…

Wynand ·

Die Valke is nie kredietwaardig nie – behoort seker ook aan die Guptas.
Alles is ‘n klugspul.

Bach ·

Asb kry jul feite reg Nel is nie geskors nie, maar omdat hy onverskrokke is, is hy in gevaar nes Glyn Bteytenbach. Hierdie ondersoek van Valke is groot grap en niks sal gebeur want dis z simpatiseerders en hul joppies hang van hom af.

PJ ·

zuma(klein lettertjies) verdien nie respek nie het hom aangestel

Johann ·

Julle is net besig om geld en tyd te mors. Hulle is mos onaantasbaar!.

OtterBotter ·

Nou wie gaan wen as die Duiwel die Satan aankla of ondersoek?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.