Die adjunkhoof van die Valke in KwaZulu-Natal is in hegtenis geneem en het vlugtig in die hof verskyn.
Natasha Ramkisson, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het bevestig brig. Simon Madonsela het in die Durbanse handelshof verskyn op twee aanklagte van korrupsie.
Volgens Ramkisson het Madonsela na bewering twee betalings van onderskeidelik R25 000 en R3 000 van twee klaers aanvaar.
Madonsela is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 9 April in die hof verskyn. Madonsela is Johan Booysen, hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, se adjunk.
Ek weet nie of ek moet huil, lag of my poppe moet gooi nie!
Dit maak mos nie sin nie, hy ontvang R28000 uit korrupsie, kan dus maklik die borgtog betaal, sluit hom toe of verhoog borgtog tot mimnimum R33000
Hulle moes die Skerpioene gelos het, maar hulle het mos te na aan Zuma se gemaksone gekom!! Hulle moet die Valke se naam verander na die Varke!! Mens kan HULLE nie eers vertrou nie (seker omdat hulle Zuma se tjommies is)!!!