Valke sê O’Sullivan is ʼn vlugrisiko

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke voer aan Paul O’Sullivan, ʼn forensiese konsultant en ondersoeker, is in hegtenis geneem omdat hy ʼn vlugrisiko is en glo in ʼn e-pos sy voorneme uitgespreek het om in ballingskap te gaan.

O’Sullivan het glo die e-pos aan die adjunkpresident, politici en verskeie mediahuise gestuur. Kol. Amod Hoosen van die Valke in KwaZulu-Natal het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof getuig die e-pos is afgesluit met “stop my as julle kan”.

Hoosen het gesê hy het as gevolg van die e-pos ʼn dringende aansoek gebring om O’Sullivan in hegtenis te laat neem.
O’Sullivan se verdediging, adv. Barry Roux, het vroeër gesê sy kliënt is by die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem toe hy op pad was na die Verenigde Koninkryk om ʼn mediakonferensie te hou om korrupsie in Suid-Afrika bloot te lê.

Hy het na bewering drie paspoorte in sy besit gehad en sou saam met sy gesin na Engeland vlieg. Die staat beweer O’Sullivan het die land met ʼn Ierse paspoort verlaat en met dieselfde paspoort teruggekeer, wat glo strydig met die Immigrasiewet is, aangesien hy ʼn Suid-Afrikaanse burger is. Hy staan op twee aanklagte tereg ingevolge die Immigrasiewet.

Roux voer aan hy is in hegtenis geneem om die mediakonferensie te verhoed.

Hoosen ontken egter enige mediakonferensie sou plaasvind. Terwyl Hoosen getuig het, het O’Sullivan sy kop geskud en notas aan sy regspan oorhandig.

Volgens Hoosen is O’Sullivan ʼn misdadiger en het hy mense onwettig dopgehou. Hoosen het gesê hy het drie paspoorte gehad sodat hy landuit kan vlug.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Paul O’Sullivan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hasie ·

Hierdie bly vir my ‘n Griekse storie en ek vestaan nie Grieks nie. Daar is nie iets in SA soos, is ‘n ding reg of is dit verkeerd. WAT gaan hier aan???

Johann ·

Sterkte tjom. En haal maar die rande in veelvoud uit . Dir staat gebruik ingelukkig my en ander belasting betalers sin om hulle heksejag op jou te finansier. Enigiets om NIE RSA se korrupte leierskorps in die buiteland bloot t le nie!

Nico K ·

As hulle in SA iets teen jou soek sal hulle iets kry. Daar is geen wet wat sê jy mag nie meer as 1 paspoort hê nie.

Henk ·

die valke is duidelik zuma en kie se persoonlike “lyfwagte” en tree soos die SS op om alles wat anti zuma en kie en korrupsie is, uit die weg te kry

Quin ·

O’Sullivan, jou tjommies in MI6 gaan jou nie kom help nie en nog minder gaan die DA. Niemand sal jou kwalik neem as jy nou n kraak maak nie.

Jan maak n Plan ·

Paul O’Sullivan moes mos geweet het hierdie regering verdra dit nie as jy hulle regstreeks aanvat nie. Hulle sal dan enige truuk op jou trek om jou bek toe te maak.

Waarom eers uitblaker ·

Waarom hy voor die tyd gese het wat sy planne is, wanneer hy gaan vlug, en dat hy sy bevindinge gaan bekend maak, verstaan ek nie. Hoekom het hy hulle uitgelok om hom te arresteer? Waarom nie net daar in die UK die feite bekend maak nie? Hy het gevra om gevang te word, ek wonder net hoekom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.