Valke skiet drie verdagtes dood

(Foto: Unsplash)

Drie verdagtes is Donderdag in ʼn oor-en-weer-skietery met die Valke se taktiese taakspan Toms in Mamelodi doodgeskiet. ʼn Toms-lid is ook in die voorval dood nadat verdagtes glo eerste op die taakspan losgebrand het.

Die taakspan het ʼn sinkhuis in ʼn infomele nedersetting in Lusaka in Mamelodi dopgehou nadat inligting ontvang is dat hoëkaliber vuurwapens onwettig by dié adres aangehou word.

Brig. Nomthandazo Mbambo, woordvoerder van die Valke, sê terwyl lede van die taakspan dié huis genader het, het die verdagtes op hulle begin skiet. Die Valke het teruggevuur en drie verdagtes doodgeskiet. ʼn Toms-lid is egter ook in die skietery dood.

“Daar is op verskeie vuurwapens beslaggelê,” het Mbambo gesê.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het sy meegevoel intussen met die Toms-lid se naasbestaandes betuig.

“Die toenemende aanwesigheid van onwettige vuurwapens in ons gemeenskappe lei nie net tot die moord van onskuldige mense nie, maar beroof ons ook van ons polisiebeamptes wat die land en sy burgers beskerm.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Faraway ·

3 minder . . . Well done
So bitter jammer n Toms lid moes met sy lewe boet!!!

muffin ·

jy se 3 verminder maaaaaaaaaaaaaaaaarrrr 30 pasgebore baba wat nie gevra om hier te wees nie.

Anel ·

Baie sterkte aan die Toms lid se familie en kollegas. Die wapens is onwettig maar ons as wettige gelisensieerdes moet ons byna dood sukkel om lisensies te kry, om van hernuwings nie eens te praat nie. Maar kriminele maak soos hulle wil. Gelukkig is daar nou drie minder!

Corne123 ·

MBT die laaste deel as die SAPD van die begin af hulle werk gedoem het was dit als nie nodig nie

Wondermaarnet ·

Mooi so. Net jammer ‘n onskuldige persoon het sy lewe verloor.

Danie ·

Dit was net om kompetisie uit die weg te ruim.Daar meer onwettige wapens in SA danksy.??????Put yr pin again sir.

Sarel ·

Die Boodskap van ” Onwettige Wapens” waarmee nie net Burgelikes nie maar ook Polisie lede vermoor word moet.omder u Minister se aandag gebring word dat hy stop om Wettige eienaars te vervolg

Marcello ·

Ja, dit laat mens net wonder waar kry hulle die wapens, kan die SAP regtig verslag lewer wat van al die wapens wat ingegee is, geword het. Vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.