Valke slaan op nog onwettige diamanthandelaars toe

Argieffoto

Argieffoto

Die Valke het reeds 26 verdagtes weens ʼn multi-miljoenrandse diamantsmokkelsindikaat in hegtenis geneem en verwag om binnekort nog arrestasies te maak.

Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, sê 26 mense, tussen 23 en 70 jaar oud, het reeds in die Kimberley-landdroshof verskyn en is op borgtog van tussen R5 000 en R500 000 vrygelaat.

Hulle staan tereg op aanklagte van geldwassery en die gebruik van ʼn ongeregistreerde perseel om in diamante handel te dryf.

Ramaloko sê daar is reeds op meer as R4 miljoen in kontant, 66 diamante, 16 digitale skale, skootrekenaars, voertuie, vuurwapens, ammunisie en ʼn olifanttand beslag gelê.

“Die ondersoek gaan voort en minstens 35 mense word nog ondersoek,” het Ramaloko gesê.

Die klopjagte is in Johannesburg en Kimberley gedoen.

Ramaloko sê die verdagtes het in 31 transaksies, ter bedrae van R43 miljoen, sowat 490 diamante gekoop.

Hy sê 76 diamante is tydens 23 transaksies deur die verdagtes vir sowat R380 000 verkoop.

Die verdagtes gaan moontlik ook van belastingontduiking aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

henk ·

en so is suid afrika die enigste land waar jy ‘n lisensie moet he om diamante te delf, omdat die oppenheimers en hulle skatkiste beskerm moet word!

Gert ·

Henk, ek dink nie jy verstaan hoe die diamantbedryf werk nie. Gaan verbreed bietjie jou kennis, dan probeer jy weer.

willie ·

Gert, die diamantbedryf ” werk ” nie vir almal nie, vandaar die smokkelhandel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.