Valke slaan toe by Gupta-woning

Ajay en Atul Gupta. Foto: ANA

Die Valke het Woensdagoggend ʼn klopjag by die huis van die Gupta-familie in Saxonwold, Johannesburg, gehou.

Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het bevestig dié gespesialiseerde eenheid van die polisie is besig met ʼn klopjag, maar het gesê hulle is tans nie in ʼn posisie om meer daaroor uit te brei nie, aangesien die Valke nog besig is.

Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid in die omgewing om omstanders en die media word van die huishouding weggehou.

Volgens Karyn Maughan, ʼn joernalis vir eNCA, het betroubare bronne gesê die klopjag hou moontlik verband met die Gupta-familie se verbondenheid aan die Vrede-suiwelprojek asook die voortslepende staatskapingsondersoek. Die bronne het glo gesê “hoëprofiel”-inhegtenisnemings van verdagtes kan verwag word aangesien die verdagtes moontlik “vlugrisiko’s” is.

Die Valke is midde-in ʼn ondersoek na die Gupta-familie se bedrywighede nadat daar verlede jaar onthul is dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede. E-posse wys glo hoe miljoene rande na Gupta-maatskappye oorbetaal en gebruik is om onder meer vir die Gupta-troue te betaal. Die joernalistieke ondersoekeenhede amaBhungane en Scorpio beweer R84 miljoen wat deur die Vrystaatse regering aan die suiwelprojek gegee is, het in die Guptas se hande beland.

In Januarie is adj.pres. Cyril Ramaphosa deur die DA versoek om te verseker dat die land se grense op ʼn hoë gereedheidgrondslag geplaas word nadat die Valke glo lasbriewe verkry het om minstens een van die Gupta-broers in hegtenis te neem.

City Press het destyds berig die Valke het op aanklaers van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gewag om die lasbriewe te teken sodat die inhegtenisnemings gedoen kan word.

City Press het ook berig daar is beweer die NVG se batebeslagleggingseenheid sou toe nog bewaringsbevele bedien aan maatskappye wat met die beweerde staatskaping, waarby die Gupta-familie geïmpliseer word, verbind kan word. Volgens City Press is die bewaringsbevele vir bates ter waarde van ongeveer R1,6 miljard.

Lees ook: [Opvolg] Drie vas ná Gupta-klopjag

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

anti verrotting ·

Mooi man – vang ‘n gupta terwyl hy nog in die land is.
Ook die vroue behoort te weet wat aangaan en kan inligting verskaf.

Susanna ·

It’s about time. They stole our money and tried to steal our country as well. They are stinking rich while millions of us are stinking poor. And they are indeed a flight risk.Put te whole family in jail. Good riddance.

Lollie ·

Guptas is baie skuldig aan ons land se ondergang maar wie is die groot sondebok agter alles, Zuma en die ANC! Begin by hulle en laat hulle boet!

Tania Heyns ·

Dagsê Marius

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Alida ·

Bravo Valke !! Goeie werk dit was hoogtyd dat hulle rekenskap gee. Laat hulle sommer saam met hulle “meester” waai – LAND UIT.

Theresa B ·

NOU spring hulle reggop……………………….??!!

Johanna Botha ·

Laaaankalll bewyse weggemaak …as hulle n vuurhoudtjie kry sal ek verbaas wees !

Penellope Jones ·

‘n Klopjag word uitgevoer, in plaas van “gehou”.

Stormrider ·

Aha! Ek hoop iemand hou Waterkloof lugmagbasis dop! Dis hulle gunsteling lughawe! ?

Paul ·

Ek lees elders die Guptas is dalk gereed om met die Valke ‘n ooreenkoms aan te gaan. En wat van Dudusane, Zuma, ACE, en, en ,en …. die hele kaboedel, hordes? O’ja Zuma tel nie, want daar is reeds aanklagte teen hom hangende.

Heerlik in die land van melk en heuning om ooreenkomste met wetsoortreders, korruptes en wat als aan te gaan. Klink soos Kersvader wat geskenke uit deel en vandag is dit maar valentynsdag.

Andrew ·

Die bewyse is dalk al vernietig maar die punt is gemaak dat die magsbasis geskuif het.

Michelle ·

Ag asb.
Hopelooslik te laat.
Moes al lankal gedoen gewees het.

Hans ·

Liewers laat as nooit.
Goeie dinge vat tyd soos goeie brandewyn en wyn ens.

SjN ·

Die Zuptas se Ace is besig om te smelt en die Black en Blue label whiskey raak suur.

Belasting eise ·

Wat gebeur met al die verkwiste geld? Dit maak my SIEK SIEK SIEK om my belasting te betaal elke maand, veral as ek sien waar dit opeindig. Ek sou eerder my belasting geld direk aan noodbehoewende mense laat gaan as om vir ‘n Gupta troue te betaal waarheen ek nie eers ‘n dankie kaartjie gekry het nie. Ek hoop die Zupta’s val hard!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.