Valke slaan toe op amptenare van eThekwini-munisipaliteit

Argieffoto

’n Ondersoek en beslagleggingsoperasie is Dinsdag gelyktydig op 15 van die 18 eiendomme van verskillende amptenare van die eThekwini-munisipaliteit se water- en sanitasie-eenheid en diensverskaffers in Durban en omliggende gebiede gedoen. Dit vorm deel van ’n voortgaande ondersoek na beweerde bedrog, korrupsie en geldwassery in die munisipaliteit.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits het in Junie vanjaar vasgestel dat R200 miljoen na bewering van die munisipaliteit oorgedra is na ander rekeninge en daar is nou vasgestel dat ʼn verdere R500 miljoen van die departement na bewering verduister is.

“Die R700 miljoen is na bewering aan diensverskaffers betaal wat veronderstel was om dienste vir die water- en sanitasie-eenheid te lewer en beweer het dat hulle sulke dienste gelewer het terwyl dit nie die geval was nie,” sê Mulaudzi.

Die munisipaliteit is glo ʼn rat voor die oë gedraai en in sommige gevalle is geen gemagtigde handtekeninge volgens die vereiste vir goedkeuring op die fakture voorsien nie.

Ondanks die beweerde vervalsing van dokumente is betalings goedgekeur en is beduidende bedrae geld na amptenare vir hul eie voordeel oorbetaal.

Mulaudzi sê tydens die operasie het die Valke op verskillende items, insluitend ʼn aantal skootrekenaars, rekenaarskerms, hardeskywe, selfone, bankkaarte van verskillende banke en maatskappybesonderhede, fakture en ondernemingsregistrasiedokumente beslag gelê vir ontleding.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoeke duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Mooi geleer by kaders ne en Cyril sê niks! Genade nee aikona. Hoe stupid dink jy is ons? Moet nie my intelligentsie onderskat nie. Ons is dik vir julle en julle korrupsie.

#Tsek man tsek

Colette ·

Cyril het het hierdie teen korrupsie ondersoeke geloots.

Die groter vraag is gaan daar ooit sake teen die mense gemaak word, oo bates beslag gelê word om van die geld te probeer herwin?

Werner ·

Niemand gaan inhegtines geneem word nie R 50 vir jou en die ondersoek is weg net soos n klomp kul kunstenaars

Casper ·

Hoe weet die burgermeeste en finansieë bestuurders dan van niks of is hulle deel daarvan.Dit is baie geld.Lê beslan op hulle bates en vries hulle bankrekening.

Genis ·

Ai ou Cyril, “our people” cannot keep their hand off? Then the ANC promotes the Mayor… Sick …

Thea ·

Ek wens ek kan net een jaar, nee, nie eers een jaar nie, net een maand alle bedrae opteken wat so “verduidster” word deur onse regering. Dis belaglik hoe al die geld nie “weg” is!!!! Wat ‘n skande. Gee my sommer goor maag!

Ria ·

Hierdie pot wurms is n bodemlose put Net as jy dink dit kan nie erger nue, dan ontplof daar weer n bom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.