Valke slaan toe op ANC-donateur se kantore  

(Argieffoto: pixabay)

Die Valke het Dinsdag op die Johannesburgse kantore van LTE Consulting toegeslaan as deel van ʼn ondersoek na die verkryging van persoonlike beskermende toerusting.

“Die Valke het ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie gedoen as deel van ons ondersoek,” het kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het vroeër vanjaar ʼn kontrak van R77 miljoen aan die maatskappy toegeken om drie miljoen gesigsmaskers aan die polisie te lewer om die verspreiding van Covid-19 te voorkom.

Die maatskappy behoort aan Thulani Majola, ʼn donateur van die ANC, wat die afgelope dekade ʼn magdom regeringskontrakte gekry het.

LTE is ook betrek by ʼn mislukte projek van R2,2 miljard om drinkwater aan 55 landelike areas in Giyani in Limpopo te voorsien.

Die maatskappy was ook onlangs in die nuus met berigte dat die Zondo-kommissie ondersoek instel na betalings in ʼn rekening wat aan Julius Malema, EFF-leier, behoort.

Die klopjag op die Sunninghill-kantore hou klaarblyklik nie verband met ʼn besluit van die Zondo-kommissie om na die finansiële state van Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, te kyk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Einstein

“Rotten to the core”

Persheks Adri

Regdeur vrot die klomp van die wortel af! Dis blikkies baie geld mag hulle kry wat hulle toe kom pffft! Lekker om connections te hê orals. So gewens hulle ondersoek die petters ook

Elna

So val menigte sogenaamde ‘helde’. . . Verrot!

B-Man

Valke moet aanhou! Die hele kan wurms moet tjoekie toe. Skerpioene was ontbind toe hulle hulle werk te goed begin doen het – burgerregteorganisasies moet Valke beskerm waar hulle kan.

Genis

Ou Cyril geen wonder jy verdwyn soos n speld nie… Your corrupt people man? Wat n skande, en so gaan dit voort…