Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke Vrydag op ʼn dagga-laboratorium op Assen in Noordwes toegeslaan en op dagga met ʼn straatwaarde van R1,2 miljoen beslag gelê het.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê in ʼn verklaring die Valke het in samewerking met die Hartbeespoortdam-polisie se honde-eenheid ʼn lasbrief bekom en ʼn perseel in Assen deursoek na aanleiding van gerugte dat dagga daar gekweek en mee handel gedryf word.
Volgens Rikhotso is ʼn kweekhuis gedurende die klopjag op die perseel gevind. Nie minder nie as 148 daggaplante en 24 sakke verwerkte dagga is in dié verkoelde kweekhuis gevind.
Daar is verder op nog sakke vol dagga in ʼn huis op die perseel afgekom, waarvan sommige in die plafon van die huis versteek was.
Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 28 en 49, is op die plek in hegtenis geneem. ʼn Voorlopige ondersoek toon dat een van die verdagtes verbind word met ander sake wat met daggahandel verband hou. Die betrokke verdagte is ook vantevore die land verbied.
Volgens Rikhotso sal die verdagtes na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van die kweek van en handel in dagga.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Dit hoekom hulle die plase soek . Hulle wil die wereld van dagga voorsien.
1 is die land verbied, hoeveel miljoene is daar wat onwettig in die “land” is
daar is mos geen beheer oor wie inkom en wie uitgaan nie
ek loop van een provinsie na die ander 1
Die R1.2 miljoen bedrag is natuurlik wat verklaar is.
Dit sluit nie in dit wat verdwyn het nadat polisie daarop beslag gele het.
Nog ‘n kortsigtige besluit deur die beleidmakers. So word die moraal van die burgers stadig maar seker vernietig.
Dis wat mens noem “ruk die dam onder die eend uit”. Dagga is mos “wettig” vir jou eie gebruik. Hulle is seker net kettingrokers.