Valke slaan toe op dagga-laboratorium

Die kweekhuis (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes is in hegtenis geneem nadat die Valke Vrydag op ʼn dagga-laboratorium op Assen in Noordwes toegeslaan en op dagga met ʼn straatwaarde van R1,2 miljoen beslag gelê het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê in ʼn verklaring die Valke het in samewerking met die Hartbeespoortdam-polisie se honde-eenheid ʼn lasbrief bekom en ʼn perseel in Assen deursoek na aanleiding van gerugte dat dagga daar gekweek en mee handel gedryf word.

Volgens Rikhotso is ʼn kweekhuis gedurende die klopjag op die perseel gevind. Nie minder nie as 148 daggaplante en 24 sakke verwerkte dagga is in dié verkoelde kweekhuis gevind.

Die sakke dagga waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Daar is verder op nog sakke vol dagga in ʼn huis op die perseel afgekom, waarvan sommige in die plafon van die huis versteek was.

Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 28 en 49, is op die plek in hegtenis geneem. ʼn Voorlopige ondersoek toon dat een van die verdagtes verbind word met ander sake wat met daggahandel verband hou. Die betrokke verdagte is ook vantevore die land verbied.

Volgens Rikhotso sal die verdagtes na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van die kweek van en handel in dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

ctd ·

Dit hoekom hulle die plase soek . Hulle wil die wereld van dagga voorsien.

Alida Engelbrecht ·

Goeie plan ! sal baie buitelandse geld die land laat instroom as jy “Afrika dagga” uitvoer. Daar is mos baie ander gebruike van dagga as rook .

stem ook ·

1 is die land verbied, hoeveel miljoene is daar wat onwettig in die “land” is
daar is mos geen beheer oor wie inkom en wie uitgaan nie
ek loop van een provinsie na die ander 1

Judge Dredd ·

Die R1.2 miljoen bedrag is natuurlik wat verklaar is.
Dit sluit nie in dit wat verdwyn het nadat polisie daarop beslag gele het.

skurweberg ·

Nog ‘n kortsigtige besluit deur die beleidmakers. So word die moraal van die burgers stadig maar seker vernietig.

Sê sommer net ·

Dis wat mens noem “ruk die dam onder die eend uit”. Dagga is mos “wettig” vir jou eie gebruik. Hulle is seker net kettingrokers.

Strandloper ·

Hallllloooooo die dagga plant is n wonder natuurlike middel! Ek sou my vrou al10 jaar terug begrawe het was dit nie vir die wonder olie wat uit die plant ontrek word nie. Ek het dit self vir my tennis elemboog gebruik. Ek was moedeloos en die laaste uitweg was n operasie tot ek die salf probeer het. Nou het ek geen pyn en 99% van my arm se gebruik terug! Dit help vir ALLES!! Probeer dit gerus en het GEEN newe effekte nie soos chemiese middels

Wil graag verstaan ·

As dagga regtig so ‘n wondergeneesmiddel is hoekom het die groot medisyne maatskappye dan nognie met volle mag daarop ingekoop nie? Watter sameswerings teorie keer dat hulle dit doen?

Karen ·

Halooolo jy het geen idee wat dit beteken om saam dagga roker te lewe. Bipolar is geen beskrywing Die paranoia die moods kry eers 1ste handse ervaring voor jy die wonder kuur goedpraat Bly jy saam seun wat ketting roker is want pa rook dan boom. Gaan op jou knièè en bid jou kinders of kleinkinders raak nie met dit bevriend jy sal wens vir pyne en skete. ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.