Valke slaan toe op dagga-laboratorium

Die beweerde dagga-laboratorium in Brits. (Foto: ANA)

Die eienaar van ʼn beweerde dagga-laboratorium in Brits in Noordwes verskyn vandag (Maandag) in die plaaslike landdroshof nadat die Valke oor die naweek op dié laboratorium toegeslaan het.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, sê in ʼn verklaring Russell De Beer (48) is Saterdag tydens ’n klopjag op die laboratorium in hegtenis geneem. Die verdagte word aangekla van die oortreding van die Wet op Geneeskunde en Verwante Stowwe, asook die handel van dagga. Daar is ook op sowat R3 miljoen se dagga beslag gelê.

Volgens Rikhotso is die verdagte ʼn groot verskaffer van dagga en cannabis-verwante produkte in die land.

Sy sê dat die verdagte meer as 500 kg se dagga, hidroponiese tonnels vir die groei van dagga, verskeie apparate vir die verwerking en onttrekking van dagga-olie en talle ander daggaprodukte in die laboratorium aangehou het.

“Die ondersoek het ten doel om onwettige daggabedrywe reg oor die land te bekamp. Baie van hierdie oortreders gee voor dat hulle wettiglik handel dryf in dagga ingevolge die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns,” sê Rikhotso.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wonder ·

So hoe werk dit? Hier is n nuwe koffie shop naby waar ons bly wat ook grootskaal groei, olie pers, dagga verkoop en jy kan daar sit en dagga rook. Hoe is dit legal?

Cindy ·

Volgens berigte (en seker gerugte) was daar tussen 1 en 2 ton se dagga gekonfiskeer. Kyk op facebook is ‘n groep, DQ Central Show, daar word ook gepraat van 1 tot 2 ton.

Piet ·

Daai ou het oop en bloot die boompies geplant. Die polisie ry al die afgelope jaar daar verby en doen niks nie. Hy het seker nie meer aan almal hulle “cut” betaal nie.

Devil ·

Genade, geen een persoon het soveel dagga nodig nie…duidelik ‘n handelaar!

E Muller ·

Kanker lyers en mense met pyn trek voordeel daaruit. Hy is toegemaak omdat die staat nie hulle cut gekry het nie!

geen benul??? ·

Wonder sommer net hoe die saps hul som maak om waarde te bepaal,het iemand dalk die formule???…want as ek reg is is hierdie hidro nie goedkoop nie….R6 per gram…..??

Michell ·

Piet jy praat 100% die waarheid ek stem met jou saam hoekom het hulle die afgelope jaar wat daardie winkel staan geen sins ingemeng nie maar nou ewe skielik maak hulle sommer die plek toe. Hy het seker ophou om hulle ‘n “cut” te gee.

Niklaas ·

Hy het die gereelde Africa Salute aan die uniform manne gestop. Dis onvergeeflik , en strafbaar. Kyk wat gebeur toe. Laat dit vir hom n les wees. Die SAP lede is duidelik gegrief en tree nou skielik op. Klink soos ontevrede SAP lede wat nou pak slae gee.

Hymne ·

Die land van on het soveel erger dinge wat die Polisie kan uitsorteer as dit. Ek wil graag weet wat gebeur Met al dai dagga wat hulle gevat het. Dalk word dit weer uitgedeel..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.