Valke slaan toe op dwelm- en renosterhoringsmokkelaars

Foto verskaf deur die Valke

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Vrydag op ʼn pakhuis in Kempton Park toegeslaan en beslag gelê op renosterhorings wat in wynkratte vervoer is.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die waarde van die renosterhorings beloop ongeveer R38 miljoen. Die renosterhorings was op pad na Maleisië. “Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie,” het Mulamu gesê. “Die ondersoek duur voort.

Die narkotikaburo van die Valke het intussen saam met ander eenhede drie verdagtes, tussen 38 en 43 jaar oud, in hegtenis geneem tydens twee verskillende operasies in Soweto en Kempton Park.

“Die mees onlangse inhegtenisneming was Saterdagoggend toe ʼn 40-jarige man van Soweto in hegtenis geneem is. Beamptes het beslag gelê op metakwalonpoeier ter waarde van R5,5 miljoen wat gebruik sou word om mandrax te vervaardig in die verdagte se huis,” het Mulamu verduidelik. “Die span het die laboratorium ontdek en chemikalieë en masjinerie gekonfiskeer.” Die verdagte sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van die vervaardiging van dwelmmiddels.

Mulamu het gesê SANEB-lede het Donderdagaand ook beslag gelê op vermoedelik heroïen, tik en kokaïen ter waarde van R4,4 miljoen wat in twee wynkratte versteek is by ʼn huis in Birchleigh, Kempton Park. Dit was bestem vir Amsterdam via OR Tambo Internasionale Lughawe. Twee verdagtes, tussen 38 en 43 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag voor die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag van dwelmhandelary.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

luka ·

Dis tyd dat die regering en howe iets drasties doen met die dwelm handelaars!!! Sien daagliks hoe jong mans nog kind se lewe verwoes word met hierdie nyope rock en ander. Word uit ouerhuise gejaag om die verwoestende dwelm lewe op straat te leef. Dis sooo tragies ??

Pieter du plessis ·

Hulle doen niks aan die plaas aanvalle nie wat sal hulle nou aan die dwelm probleem doen ,ek glo hulle het hulle besluit daaroor geneem toe die dwelmeenheid sanab ontbind is.

luka ·

Die polise beskerm die dwelm handelaars want in die dorpe word hul nie gevang nie. Kry seker ‘n cut uit die gruwel besigheid

Boet Fasie ·

Kinders se lewens word verwoes deur hierdie gewetenlose persone, hulle verdien lank tronkstraf sodat hulle kan dink wat hulle aan ons kinders doen.

Pieter du plessis ·

My kinders is opgevoed en intelligent sal nie aan dwelms raak nie die probleem is die dwelmgebruikers wat gevaarlik vir my kinders kan wees.

Hennie ·

Darm net te goed om te sien hoe die politiek selfs die valke soos feetjies wil laat lyk. Na die verkiesing sal die valke weer kan rus…

lh ·

Pieter Du Plessis, NEVER say NEVER my maat . . . .
Ek het my kinders met waardes en standaarde, gesond en streng groot gemaak, en eers op 27 het my dogter met dwelms deurmekaar geraak! Vandag maak ek my kleinseun groot, terwyl ek wag vir die dag wat iemand my laat weet my mooi kind lê iewers, dood in ‘n sloot. . .
As jy nie in hierdie boot ry nie, gaan eerder op jou kniee en wees dankbaar, dat God se genade SO groot is, dat jou kind nog nie die pad byster geraak het nie.

BB ·

Hennie
Die Valke rus nooit. Vat dit van iemand wat weet waarvan sy praat. En al rus hulle skakel hulle nooit heeltemal af nie. Altyd hats off vir hulle van my af..

Heksie ·

Naby die internasionale lughawe …. ek dink julle moet meer toeslaan op vrot kolle hier in Kempton Park en glo my hier is baie, mens sien dit so as jy net verby ry … daar Kempton Road ens.
Welgedaan aan die lede!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.