ʼn Vrou (61) verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Upington nadat sy glo die bankkaarte van mense aan wie sy geld geleen het, onwettig gehou het.
Nomthandazo Mnisi, woordvoerder, sê die vrou is Vrydagoggend aangekeer ná ʼn wenk dat sy kaarte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en ID’s van inwoners gehad het. Sy het vermoedelik ʼn onwettige geldleenonderneming bedryf.
Mnisi sê ʼn soek-en-beslagleggingsoperasie is gedoen waartydens op vier Sassa-kaarte, 12 bankkaarte en twee betaalkaarte beslag gelê is.
“Die ondersoek het daarop gedui dat die verdagte die items onwettig gehou het om betaling te verseker van lenings wat die Nasionale Kredietwet oortree.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Vandag gehoor dat CR persoonlik van die R8 miljard gebaat het wat ESKOM vir steenkool betaal het. Hy het ook vir CR17 geld by Guptas gekry. Ook het R500 biljoen onder sy oë verdwyn. Wanneer gaan hy vervolg word?
Eat van die mense wat elke maand by OTM staan met pak SASSA kaarte.
Hulle almal doen dit. Ek weet self van ‘n Oom wie mense gehad het wat elke maand sy geld by ‘n OTM gaan trek het wat die kliënte geleen het. Dis niks nuuts nie.
Mooi so! Nou moet dit net orals gedoen word!