Valke slaan toe op George-munisipaliteit

Valke

Argieffoto

Lede van die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad het Maandagoggend op die kantore van die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap toegeslaan.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die klopjag hou verband met bewerings van bedrog en korrupsie. Dié korrupte bedrywighede hou glo verband met verkrygingsprosesse en die toekenning van tenders by die munisipaliteit.

“Die voortgesette soek-en-beslagleggingsoperasie word gedoen by verskeie munisipale kantore, asook sakepersele en private huise van persone van belang,” het Nkwalase gesê.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie en in dié stadium is daar nog geen aanklagte teen spesifieke persone aanhangig gemaak nie. Ons lê slegs beslag op dokumente wat verband hou met die onregmatige toekenning van tenders.”

Verlede maand het die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie ook ʼn klopjag op die kantore van die Noord-Kaapse wetgewer uitgevoer waar daar beslag gelê is op dokumente wat verband hou met beweerde korrupsie en verkwistende besteding.

Die Valke het toe gesê hy ondersoek bewerings dat die wetgewer se finansiële hoof ʼn onwettige bedankingsbetaling ontvang het, asook ʼn studietoelaag waarvoor hy nie gekwalifiseer het nie. Daar is ook beweer dat die sekretaris van die wetgewer ʼn nie-pensioendraende betaling ontvang het waarop hy nie geregtig was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

nannie ·

Die afgelope paar maande het die valke darem op baie korrupte mense / munisipaliteite / besighede toegeslaan. Laat n mens wonder.

jaco ·

As n munisipaliteit vol “skoon regering” deur die DA nou al deur die Valke geteiken word, dan sidder ek om te dink watse “vuil regering” in ANC-beheerde munisipaliteite blootgelê gaan word.
OF
word net DA-rade getekeiken om die aandag af te lei van die nonsens in ANC-beheerde munisipaliteite?

Antjie ·

En Mangaung? Nadat die waterbottel-storie al ʼn paar jaar terug in die media se oë beland het? En hulle nie ons water-geld aan Bloemwater betaal het nie, en steeds te bankrot is om die vullishope veilig te hou teen bendes? Ag nee, man! Dit kan nie só aangaan nie. Behandel asb almal eenders!

Piet die mamba ·

Oos – Kaapse Munisipaliteite word nooit ondersoek nie? Die Valke is ‘n klugspel, noem hulle eerder die Budgies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.