Valke slaan toe op Gupta-vennoot, voormalige staatsamptenare   

Ajay en Atul Gupta. (Foto: ANA)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekdirektoraat het Woensdag bevestig dat ’n hoëprofiel sakeman en vennoot van die berugte Gupta-broers saam met drie voormalige amptenare van die departement van landbou in die Vrystaat in hegtenis geneem is.

“Die groep is onderskeidelik in Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga gearresteer en sal Donderdag om 09:00 in die landdroshof in Bloemfontein verskyn,” sê Sindisiwe Seboka, NVG-woordvoerder.

“Die inhegtenisneming van ’n vyfde verdagte sal binnekort volg.”

Volgens Seboka is die arrestasies in samewerking met die Valke uitgevoer.

Die Zondo- kommissie van ondersoek bekyk tans verskeie hoëprofiel korrupsiesake waarby die Gupta-broers glo betrokke was.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lourens CFG ·

Eindelik, hoop die ander, insluitend die guptas, volg ook binnekort sowel as beslaglegging op hulle bates.
Hiep hiep hoera.

Pieter ·

Ag asb ons is nou moeg vir die sirkus. Ons almal weet hier gaan niks van kom nie

Eragrostis ·

Goed en wel, maar wanneer gaan die Guptas vervolg word? Hoekom word al die pionne van die Guptas gearresteer, maar daar word niks aan die Guptas gedoen nie. My logika sê juis dat hulle eerste gearresteer moet word voordat die ander wie hulle betrek het by hul skelmstreke, gearresteer behoort te word.

Strandloper ·

Nê? Op die trant sal daar niks van kom nie. Selfde geval as zumpie

Kensy ·

Snaaks dat die Main brain en die Politici wat die Guptas in die possies geplaas het om verwoesting in die land te saai, nie geaarresteer word nie.
Wanneer sien ons die MINISTERS in oranje pakkies!!!
Die Zondo kommissie moet by die kop van die slang begin!
Die skade wat DIE bende aangerig het, sal nog vir geslagte lank SA se finansies negatief beinvloed.
Wat kos die Kommissie ons?… dis n direkte gevolg van hulle roekelose plindering… en nog is dit nie die einde nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.