Valke slaan toe op klerefabriek

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Valke in KwaZulu-Natal het Dinsdag toegeslaan op ʼn fabriek in die Durbanse sakesentrum wat namaaksels van bekende klerehandelsmerke vervaardig.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, het gesê hulle het ʼn klagte ontvang van ʼn gelisensieerde Nike-verkoper dat straatverkopers nagemaakte Nike-klere by verkeersligte verkoop. Beamptes het ondersoek ingestel en vasgestel die klere word in ʼn fabriek in die sakesentrum vervaardig.

“Die ondersoekspan het ʼn lasbrief bekom om die fabriek te deursoek en ʼn klopjag is Dinsdag op die gebou gedoen. Nike se bestuurder vir handelsmerkbeskerming was ook deel van die span om hul handelsmerk te identifiseer,” het Mhlongo gesê.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Valke het beslag gelê op vervalste kledingstukke met Nike, Puma, Van’s, Levi’s, Adidas en Roxy-handelsmerke ter waarde van ongeveer R900 000. Naaldwerkmasjiene en ander toerusting wat gebruik is om die nagemaakte goedere te maak, is ook deur die Valke gekonfiskeer.

“Die eienaar van die fabriek is nog steeds op vrye voet, maar die ondersoekspan is op sy spoor,” het Mhlongo gesê.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

KarooKlong ·

Dit is hoekom ons land se ekonomie ten gronde gaan, mnr zumpie.

Grap ·

Karoo klong Suid-Afrika se ekonomie versleg oor die onbevoegdheid van die regering en die feit dat no 1 net graad 2 het help ook nie.

E ·

My liewe China,
Baie dankie dat jy vir my die lewe ń bietjie beter maak.
By jou kan ek akkies koop teen die helfte van die prys.
Toe ek nou my eie winkel langs jou oopmaak kon ek nie verstaan waarom jy helfde minder vir dieselfde winkel as ek huur betaal nie, ek kon ook nie verstaan hoekom jy jou goed so goedkoop kan verkoop nie. Jy het wragtig my keel afgesny. Toe moet ek nog hoor jou regering betaal jou R20 000 per maand net om in RSA ń winkeltjie te hê. Hoe werk dit?
Jy vat nou wraggies my land se brood uit sy mond!!!

Willie ·

Dis die tippie van die ysberg… hier is so baie grys produkte in die land. Beheer is daar nie.. maak die poorte oop…

Piet Pompies ·

Ek praat die oortreding nie goed, dit bly diefstal. Wat ek wel nie heeltemal kan verstaan is dat ek R150-00 betaal vir ‘n Billabong T-hemp in Jeffreysbaai en dan word daar vir dieselfde T-hemp in Nelspruit R395-00 gevra. Word “branding” nie te vêr gevat?

Leon Jordaan ·

“Branding” word ge(mis)bruik om n paar mense se sakke te vul, en ongelukkig is die bemarkingstrategie van hierdie bekende name in die klere en sportbedryf so effektief, dat die publiek lankal glo dat n hemp met n “regmerkie” of 3 strepies beter is as n hemp sonder daardie kenmerke maar van dieselfde material teen die helfte van die prys! Ek is in die bedryf en raak gefrustreerd omn te sien hoe Pappie maar liewer dfie hemp of wat ook al koop met dfie tekentjie op as een daarsonder omdat hy nie wil afsteek teen die buurman nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.