Valke slaan toe op moontlike stropingsindikaat

(Argieffoto bloot ter illustrasie)

Die Valke in Gqeberha het vandeesweek op ʼn vermeende perlemoenstropingsindikaat toegeslaan net toe dié verdagtes die Swartkopsrivier naby die dorp Redhouse met rubberbote wou invaar.

Sewe verdagtes, tussen die ouderdomme van 27 en 47, is in hegtenis geneem vir die beweerde oortreding van die Wet op Lewende Mariene Hulpbronne asook die Wet op Oproerige Byeenkomste en sameswering om misdaad te pleeg.

ʼn Verdere klag van poging tot moord is ook aanhangig gemaak nadat een van die verdagtes byna ʼn lid van die Valke omgery het in ʼn poging om inhegtenisneming te ontduik. 

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, is die beweging van rubberbootjies wat snags by onwettige perlemoenstropery betrokke is, oor ’n tydperk gemonitor. Dit is vasgestel dat dié bote onwettig in die Swartkopsrivier naby Redhouse te water gelaat word.

Die eenheid het ʼn verlate gebied by dié rivier Maandag met ʼn valkoog dopgehou toe twee bakkies wat rubberbote sleep, glo gelyktydig by die terrein aangekom het.

Die Valke het die verdagtes genader toe hulle op die punt was om die bote te water te laat. Een insittende het hom dadelik oorgegee terwyl ʼn ander verdagte probeer wegry het.

Die Valke het tydens die inhegtenisneming ook beslag gelê op twee Colt-bakkies, twee rubberbote en duiktoerusting.

Die verdagtes sal eersdaags in die Gqeberha-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn aksieplan dringend nodig is om die voortdurende stroping van perlemoen in die Wes-Kaap hok te slaan.

Perlemoen wat aan die Suid-Afrikaanse kus gestroop word, word hoofsaaklik na Oos-Asië, veral Hongkong, uitgevoer, waar dit as ʼn spesialisgereg beskou word, berig AFP.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Die asiërs is erger as ‘n sprinkaanplaag. Al verskil is dat hul bedreigde diere spesies uitwis.

Di ·

CHINESE is stadig mar seker besig om alles in ons land te verwoes. HULLE sit agter al die renoster stropings asook die onwettige perlemoenstropery!

Snowball ·

Die tjaainies tjommies met hulle bygelowige eetgewoontes verskaf die afset vir die stropers – begin daar by die eindpunt en werk terug; êrens is ‘n paar geel, groen en swart sakkies met ‘n spies op wat ook voordeel trek, dis hoekom niks noemenswaardig gebeur om dit te stop nie.

Ben ·

Hier by ons was daar op ñ stadium laas jaar tussen 400 en 600 poachers, elke dag reg voor ons huis in die see in. En niemand het hulle daaraan gesteur nie. Duisende fotos geneem. Al die bewyse is daar. Ek het baaaie stories om te vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.